Triple The Chaos

Triple The Chaos Welkom by Triple the Chaos – 'n plek waar jy nie perfek hoef te wees nie.

Hier deel ek die ware, ongesensureerde stories van my lewe op 'n plaas in die Kalahari, tussen doeke, bottels, slaapgebrek en liefde wat jy nie in woorde kan opsom nie.

🎁 Unieke Vadersdag-geskenk! 🎉Bestel jou persoonlike storieboek vir Vadersdag vandag nog! 💙📅 Slegs 10 bestellings beskikb...
01/06/2025

🎁 Unieke Vadersdag-geskenk! 🎉
Bestel jou persoonlike storieboek vir Vadersdag vandag nog! 💙

📅 Slegs 10 bestellings beskikbaar – sluit Woensdag, 5 Junie!

Hier is ’n voorbeeld van die spesiale storie wat ek vir Pappa Henro Byleveld gemaak het en ek kan iets net so uniek vir jou ook doen!

Wat jy kry:
✔️ ’n Eie, persoonlike storie – ek skryf dit net vir julle (onderdoms gepas)
✔️ Illustrasies van jou gesin en karakters.
✔️ Jy sien en keur alles goed voor druk.
✔️ Ek stuur vir jou ’n mockup van die boekie.
✔️ Na goedkeuring word jou boekie professioneel gedruk en gebind, en jy kan hom dan kom afhaal in Vryburg.

💌 Uniek. Emosioneel. ’n Herinnering vir altyd.

📩 Stuur vir my ’n boodskap om jou plekkie te bespreek – voor dit vol is!

Dankie. Uit my hart uit. Aan elkeen wat saam met ons gebid het vir klein Jano die afgelope twee weke…Aan elkeen wat ’n b...
24/05/2025

Dankie. Uit my hart uit. Aan elkeen wat saam met ons gebid het vir klein Jano die afgelope twee weke…

Aan elkeen wat ’n boodskap gestuur het, gevra het hoe dit gaan, gehelp het, geluister het, of net stil gedra het saam met ons…

Baie, baie dankie.

Ons het dit gevoel. Elke gebed. Elke woord. Elke bietjie hoop.

As jy gewonder het hoekom daar ekstra hard vir Jano gebid was en wat die afgelope tyd in ons huis en harte aangaan…

Ek het alles op die blog gedeel. Rou. Reguit uit my hart.

Lees gerus:
https://triplethechaos.wordpress.com/2025/05/24/wanneer-jou-kind-siek-word-en-jy-moet-kies-wie-jy-agterlos/

Ons is weer terug op ons stukkie aarde. Nog moeg. Maar saam.

En vir nou is dit genoeg.

Ek weet ek was stil die afgelope ruk. En dalk het jy dit nie eens agtergekom nie – of dalk wel. Maar ek wou net kom sê: ...
05/05/2025

Ek weet ek was stil die afgelope ruk. En dalk het jy dit nie eens agtergekom nie – of dalk wel. Maar ek wou net kom sê: ek is nog hier.

Ek is nog besig om bottels te maak, om slapies te probeer sinchroniseer, om Jano se vrae oor die gewere en trekkers te antwoord, en om iewers tussenin asem te haal.

Ek is besig om weer aan my boek te werk. Aan die reels, aan die stories, aan die diep dele wat ek nie altyd op Facebook en Instagram wys nie. Ek is steeds besig om te skryf – maar op my tyd. In stilte. Sonder haas.

Ek is dankbaar.
Vir elkeen wat lees, wat wag, wat verstaan.

En wanneer ek weer praat, hoop ek my woorde dra iets van lig…
Al was daar ’n tyd van stilte.

Net boksterte, baba-lyfies en 'n mamma wat stil sit en kyk.Ons het pas teruggekom plaas toe na 'n spesiale naweek van do...
23/04/2025

Net boksterte, baba-lyfies en 'n mamma wat stil sit en kyk.

Ons het pas teruggekom plaas toe na 'n spesiale naweek van doop en familie.

Vandag was daar geen sand of gemors op die stoep nie.

Net ek en hulle.

Die eerste boksterte.

En ‘n mamma wat leer om sag met haarself te wees.

Nie perfek nie, maar aanwesig en soms is dit al wat saak maak.

https://lm.facebook.com/l.php?u=https%3A%2F%2Ftriplethechaos.wordpress.com%2F2025%2F04%2F22%2Fboksterte-stoepstories-en-harte-vol-liefde%2F%3Ffbclid%3DIwZXh0bgNhZW0CMTEAAR6nB-laYHo4ChMcMNfGlLSspq17GsNTjjlN2KUIvPg7JvwaqPhKN9oJEkOYFw_aem_4viM6QndWqoOjQbc4Go2pg&h=AT3Mcgs0zkaAGsouPZ3WvNSme6OTVTKpQM4XCmysYYMdaa3xQKQlGgf-HmqIffIsZwWYzYkITJOW8-n8X_7nHcM3q249OqWfdaX6EshdYTIMS3EOuvpzgWGlYR96XiqjrUTS-CIGgYHJ-tS3SQ

Ek leer, stadig maar seker, om sag te wees met myself.Ek is nie perfek nie. Ek is moeg. Ek is soms ongeduldig. Ek is som...
11/04/2025

Ek leer, stadig maar seker, om sag te wees met myself.

Ek is nie perfek nie. Ek is moeg. Ek is soms ongeduldig. Ek is soms hard op myself.

Maar ek leer — stadig maar seker — om sag te wees met myself.

As jy dit ook vandag nodig het om te hoor:
Jy mag sag wees met jouself.
Jy hoef nie alles reg te kry om genoeg te wees nie.

Sag wees is nie swakheid nie. Dis moed. En ons kies dit, elke dag.

https://triplethechaos.wordpress.com/2025/04/11/ek-leer-om-sag-te-wees-met-myself/

Ek was nog altyd hard op myself. Selfs voor ek mamma geword het, het ek van myself verwag om dinge vinnig te leer, sterk te wees, aan te hou glimlag, en min foute te maak. Ek het ged**k dis hoe men…

Veertig Jaar van Liefde – Ouma Eurie en Oupa Ballie se Pad van Genade en GroeiVandag vier ons Ouma Eurie en Oupa Ballie ...
06/04/2025

Veertig Jaar van Liefde – Ouma Eurie en Oupa Ballie se Pad van Genade en Groei

Vandag vier ons Ouma Eurie en Oupa Ballie se ongelooflike mylpaal van veertig jaar saam. En hierdie verdien n spesiale plek op my page. In hierdie huldeblyk deel ek die pad wat hulle saam gestap het. Van 'n eenvoudige begin tot ’n huis gevul met liefde, familie, en herinneringe. Dis ’n storie van opoffering, geloof, en elke dag se keuse om liefde eerste te kies. Hier is hul storie, deur my oë, as skoondogter en as deel van hul nalatenskap...

🩷🩷🩷🩷🩷🩷🩷🩷🩷🩷

Vandag sit ek en d**k aan julle twee, Ouma Eurie en Oupa Ballie, en ek kan nie anders as om met ’n warm hart en nat oë hierdie woorde neer te pen nie.

Veertig jaar getroud. Dis amper ondenkbaar in ’n wêreld wat so vinnig verander. Maar daar is julle - hand aan hand, soos altyd. Steeds getrou aan die belofte wat julle gemaak het op daardie spesiale dag, toe die wêreld vir julle oop en vol hoop gevoel het.

Ek d**k terug aan die stories wat julle al so dikwels vertel. Van hoe dit alles begin het, toe julle jonk was en saam drome begin droom het. Van die eerste plaashuis met die min meubels, maar baie liefde. Van die dae toe geld skraps was, maar die lag in die huis volop. Pa het eendag gesê: "dis nie die bankrekening wat die huis bou nie, dis die mense binne-in die huis." En dit wys julle vir ons - elke dag.

Ek sien dit vandag in hoe julle steeds sorg vir mekaar. Hoe Ouma Eurie altyd die kaste vol lekker kos hou en weet waarmee sy die kinders en kleinkinders kan bederf. Hoe Oupa Ballie die kleinkinders met trots wys hoe dinge op die plaas werk, en hulle leer oor harde werk en liefde vir die land.

Ek sien dit in die oggende wanneer julle saam koffie drink voor die dag begin. Julle gesels oor alles en niks, maar die stil vertroudheid tussen julle is die mooiste gesprek van almal.

Ek sien dit in julle kinders. Deur julle voorbeeld van harde werk, respek, liefde en geloof, het julle vir hulle ’n vaste fondament gebou. Julle het gewys hoe om staande te bly in die storms van die lewe, hoe om vreugde te vind in die klein oomblikke, en hoe om altyd as gesin saam te staan.

En nou, sien ons dit in julle kleinkinders... Hulle is die vrug van julle liefde, en hoe gelukkig is hulle nie om groot te word met grootouers soos julle nie! Grootouers wat nie net liefhet in woorde nie, maar in dade. Grootouers wat altyd teenwoordig is, wat hul arms wyd oopmaak vir stories, drukkies, en nog ’n ekstra stukkie liefde.

Veertig jaar is nie net ’n mylpaal nie — dis ’n monument van geloof, hoop, en liefde. Julle het deur seisoene van voorspoed en uitdaging gestap, maar altyd saam, altyd met vertroue in mekaar en in God se plan vir julle.

Liewe Ouma Eurie en Oupa Ballie, vandag vier ons julle! Ons sê dankie dat julle vir ons wys hoe liefde nie net in groot gebare lê nie, maar in die daaglikse keuses. Dankie dat julle gewys het hoe ’n huwelik oor dekades kan blom en vrug dra. Mag die Here julle seën met nog baie jare van saamwees, van lag, van familie, en van die klein, kosbare oomblikke wat julle altyd so mooi maak.

Gelukkige 40ste huweliksherdenking!

Soms wonder ek of my kinders eendag gaan wens hulle het ’n park gehad om in te speel, of 'n groot winkelsentrum om in ro...
05/04/2025

Soms wonder ek of my kinders eendag gaan wens hulle het ’n park gehad om in te speel, of 'n groot winkelsentrum om in rond te loop.

Maar dan kyk ek hoe hulle in die sand speel, hoe hulle lag as die stof opwaai agter hulle, en hoe hulle leer van die lewe op 'n plek waar die sterre nagte verlig.

Hulle leer van geduld wanneer ons wag vir reën.
Hulle leer van hoop, selfs al is die wolke ver.
Hulle leer dat die wêreld nie net in boeke en skerms is nie, maar in hulle eie agterplaas.

Ons het nie altyd die gemak van stadsmense nie.
Maar ons het tyd.
Ons het ruimte.

Kinders grootmaak in die Kalahari is nie maklik nie — maar dis eg. Dis werklik. Dis rou.

En ek sou dit nie anders wou hê nie.

Dis nie die maklikste plek om kinders groot te maak nie. Maar dis my plek. Ons plek. Die Kalahari leer jou gou: hier is nie plek vir fieterjasies nie, maar hier is plek vir sand in jou skoene, son …

Address

Vryburg
8601

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Triple The Chaos posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Triple The Chaos:

Shortcuts

Share