09/01/2025
๐ก๐๐๐ฒ ๐๐ผ๐ฒ๐๐๐ฒ๐ป๐๐๐๐ผ๐ณ ๐ฝ๐ฎ๐ ๐ฎ๐ฎ๐ป๐ด๐ฒ๐ธ๐ผ๐บ ๐บ๐ถ๐ฑ๐ฑ๐ฒ '๐ป ๐๐น๐ฎ๐ฎ๐ด ๐๐ฎ๐ป ๐ธ๐ผ๐ฒ๐ฑ๐ผ๐ฒ๐๐ฟ๐ฒ๐ธ๐๐ฒ๐
'n Nuut ontwikkelde, eiesoortige entstof vir die vierde fase van die koedoehondsdolheidprojek het vroeg Desember uit Duitsland in Namibiรซ aangekom. Intussen sรช plaaslike veeartse koedoes vrek tans "op strepe" in die land weens 'n nuwe vlaag van koedoehondsdolheid.
"Op die oomblik word talle gevalle aangemeld en bevestig, veral in die sentrale dele van die land. Nog gevalle is onlangs onder die meer geรฏsoleerde koedoebevolkings in die Karasberge aangemeld. Ek het gehoop hulle kon die siekte gespaar bly," sรช dr Rainer Hassel van die Universiteit van Namibiรซ (Unam) se veeartsenyfakulteit, wat aan die stuur van die koedoehondsdolheidprojek staan.
Hy sรช hoewel hy nie tans statistieke het oor koedoebevolkingsgetalle en vrektes nie, bly enige verlies 'n gevoelige hou vir 'n waardevolle spesie. Die afgelope droogtejare het getalle ook erg geknou.
Die wildveearts dr Ulf Tubbesing wat in Desember nog besig was met die inenting van renosters teen hondsdolheid, het verskeie gevalle van hondsdolheid en koedoevrektes die afgelope tyd in en rondom Windhoek, by Steinhausen en in die noorde, waargeneem.
"Die koedoes vrek op strepe. Die boere beweer dit is hondsdolheid, maar min van die gevalle is deur toetse bevestig. Boere het my selfs onlangs gebel oor vreemde simptome onder hul blesbokke en perde. Dit klink soos hondsdolheid, maar dit is nie bevestig nie. Min boere stuur breinmonsters of die koppe van die diere na die sentrale veeartseny-laboratorium om hondsdolheid te bevestig."
Dr Ulf sรช die ideaal is dat boere soveel as moontlik monsters instuur om vermoedelike gevalle onder koedoes te bevestig. "Namibรซ het 'n groot behoefte om beter statistieke oor die verskynsel op te bou. Ek glo die gevalle waarvan ons weet, is net die oortjies van die seekoei."