Slagter vir Jagters

Slagter vir Jagters Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Slagter vir Jagters, Butcher Shop, Emalahleni.

29/05/2025
31/12/2024

Goeie naand

Ek is jammer om u mee te deel van die stadige
aftrede van ons geliefde & bekende vriend Mnr.
2024.
Hy word ondersteun deur sy 12 vrouens, sy 52
kinders en sy 365 kleinkinders.
Die aftrede vind plaas Dinsdag die 31ste Des om
00h00.
Vir verdere navrae kontak pastoor Januarie
2025.
Mag sy groot gesin net die volgende in jul harte
voortbring:

Liefde❤️
Vrede🙏🏻
Geluk🕊️
Voorspoed✨
En baie Blessings vir 2025 !!😇🤗🥳🎉🎊🥂🍾❣️

N lekker vark jag naweek gehad saam Gerard Scherman . Varke was baie skaars maar het darm 2 gekry . Mooi skoot van Gerar...
21/08/2024

N lekker vark jag naweek gehad saam Gerard Scherman . Varke was baie skaars maar het darm 2 gekry . Mooi skoot van Gerard met sy 270 op n afstand van 350 m . Kop skoot

Op 'n dag hou ek stil bo op 'n berg in die plantasies van Tzaneen. Ek staan en kyk oor die omgewing en die Laeveld en d*...
21/07/2024

Op 'n dag hou ek stil bo op 'n berg in die plantasies van Tzaneen. Ek staan en kyk oor die omgewing en die Laeveld en d**k ek kan tot by Phalaborwa sien. Ek hoor 'n voertuig aankom en dit ry tot by my. 'n Voertuig van Merensky Bosbou. Die vuurtoring het rapporteer dat hulle 'n voertuig sien stilhou het in die plantasie, en dan moet ons kom ondersoek instel. Die bosbouer het dus kom kyk wat aangaan.

Ons kyk saam na die omgewing - ongelooflik pragtig!

Die bosbouer vra my toe:
" WAT IS 'N BOOM?"...

'n Boom? Wat 'n vraag?
Ek d**k 'n bietjie en besef hy wil vir my iets sê en ek vra hy moet my vertel...

"A TREE IS A SEED THAT TOOK A STAND!!!"

Daar gaan klomp sade tot niet, vertel hy. Party lê net en het op 'n klip geval. Ontkiem maar verdroog. Ander versuip. Ander ontkiem maar lê bo-op en verdroog. Ander groei maar brand dood. Klomp redes waarom dit nie tot volwassenheid ontwikkel nie, maar teen die tyd wat dit 'n boom geword het, is dit een met getuienisse van 'n klomp aanslae wat hy oorleef het.

As jy "groot" geword het, 60jr verby...dan het ek baie respek vir jou. Dan beteken dit jý is "A seed that took a stand!".

Maar, dan vertel dit ook dat jy gespaar was, sodat jy koelte kan gee, takke het waarop voëls kan sit en nesmaak, vrugte kan dra vir almal om daarvan te kan eet, hout het wat gebruik kan word, en 'n karakter het wat eie is. Pragtig gevorm en uniek, deur die genade van ons Vader alleen.

JY WAS GEVORM OM 'N DOEL TE DIEN.

Ek bid dat jy nie net staan en wag dat jou tyd verby gaan nie. Jy is 'n uitgekieste saad wat 'n BOOM geword het. Jy het vrug, koelte, kennis, ens. vir ander.
Ek dank ons Vader dat ek vir jou kan sê dat jy spesiaal gespaar was tot nou.

Vader, ek bid vir elke “boom” wat staan. Dat U vir elkeen sy of haar waarde sal wys en dat hulle dit ook sal uitleef.

Dankie Vader dat ons tot hier gevorder het en almal vrug het vir ander om van te eet. Loof U groot en Heilige Naam.

_Skrywer onbekend_

Address

Emalahleni
1035

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Slagter vir Jagters posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category