Mooikyk boerdery

Mooikyk boerdery We are sheep farmers in the Eastern Free State and supply our farm produce directly to the public. We service Pretoria and the area on route to the farm

Mooikyk Boerdery oorsig
Gelee in die Oos-Vrystaat in die distrik Heilbron is die plase Uitkyk en Mooifontein, wat die hoeksteen van die besigheid is. Dit word bewerk deur Venter en Bets Malan, maar is al geslagte in die familie. Dis ook waar Bets groot geword het. Die besigheid is in hoofsaak ‘n semi-intensiewe skaapboerdery, waar ons poog om waarde direk vanaf die plaas by die verbruiker uit te

kry, met so min as moontlik tussengangers, wat dan waarde gunstig beinvloed. Die skape kry wel ekstra kos om kondisie te verseker, maar loop elke dag vry rond op die Vrystaat vlaktes. Geen hormoon groei-middels word gebruik nie, en volhoubaarheid is belangrik in die besigheid. Die skape word in groepe bestuur om elke twee maande nuwe aankomelinge te verseker, en n groep is op ‘n 10 maande siklus. Lam-gewig word so bestuur dat ‘n karkas tussen 22kg en 25kg uitslag. Karkaste word in n koelkamer tyd gegee om ryp te word en die Vrystaat geur in elke kriesel vleis te verbeter. Produkte van ander boere in die omgewing word ook aangebied, om sodoende die ervaring en keuses vir die klient te verbeter. Produkte word aan die Rand afgelewer op afgespreekte tye en plekke, een of twee keer per maand

Kontak gerus vir Venter op 082 909 6999, of Bets op 082 577 9510 vir navrae of bestellings.

04/11/2025
Ons het baie mooi lammers op die oomblik, lekker groot en nie baie vet nie. Kry jou feesgety bestelling in asseblief. On...
04/11/2025

Ons het baie mooi lammers op die oomblik, lekker groot en nie baie vet nie. Kry jou feesgety bestelling in asseblief. Ons kan bestellings net aanvaar tot einde November.

Address

Die Plaas Uitkyk
Heilbron
9650

Telephone

+27829096999

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mooikyk boerdery posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Mooikyk boerdery:

Share

Category