08/06/2026
Magnesium Deel 1
Die organe van die menslike liggaam is in ‘n bepaalde biologiese orde gestruktureer, sodat organe in ‘n ordelike maar orgaan-individuele manier met mekaar sal saamwerk om biologiese funksies uit te voer om ‘n persoon lewendig en gesond te hou.
Hierdie organe, alhoewel verskillend, het hierdie ooreenkomste.
1. Selle, wat as die kleinste lewende eenhede in die liggaam beskou word.
2. Weefsel: Kortliks beskou, dieselfde selle wat in ‘n groep of eenheid saamwerk
3. Organe: ‘n Struktuur wat uit verskillende weefsels kan bestaan maar wat saam ‘n spesifieke funksie/s verrig
4. Orgaanstelsel: Is groepe organe wat as ‘n eenheid saamwerk om ‘n bepaalde funksie te verrig
5. Organisme: Al die orgaanstelsels saam, wat onafhanklik en ook interafhanklik met mekaar saamwerk, kan beskryf word as ‘n menslike organisme of die hele menslike liggaam.
Belangrike organe is die volgende, kortliks.
1. Brein: Sentrum van denke, geheue en aksies en funksies van die liggaam.
2. Hart: Om bloed deur die liggaam te pomp
3. Longe: Asemhaling
4. Lewer: Verwerk voedingstowwe en detoks stowwe
5. Niere: Filtreer bloed en vervaardig urine om afval uit te skei
6. Maag: Help om kos af te breek met suur en gedeeltelik te op te breek. Vit B12 te skei.
7. Ingewande: Absorbeer voedingstowwe en water
Orgaanstelsels (of orgaanstrukture) kan nog verder opgebreek word.
• Die spysverteringstelsel word verdeel in die mond, slukderm, maag, lewer, pankreas, ingewande en a**s. Die spysverteringstelsel se funksie is om kos in te neem, met speeksel en ensieme ook maagsuur op te breek, en in die dermkanale af te breek en met die interaksie van probiotiese bakterie op te neem as voeding vir die hele liggaam.
• Asemhaling- of respiratoriese stelsel: Die stelsel bestaan uit die neus, trachea en longe en hul is bedoel om suurstof op te neem, te metaboliseer en later die gebruikte suurstof as koolsuurgas uit te skei.
• Bloedvatstelsel: Bestaan uit die hart en bloedvate. Om suurstof, voedingstowwe, afvalprodukte, immuunselle, nuwe stamselle, rooibloedselle ens., in die liggaam in en uit te vervoer.
• Senuweestelsel: Bestaan uit die brein rugmurg en die onderskeie senuwees. Om liggaamsfunksies en aktiwiteite te bestuur en te koördineer.
• Skelet: Bestaan as eenheid met groepe bene, gewrigte en kraakbeen om die liggaam te ondersteun en ook organe te beskerm.
• Spierstelsel: Om beweging van die hele liggaam moontlik te maak en ook houding en statuur te gee.
• Urienstelsel: niere, ureters en blaas om afval in vloeibare vorm uit te skei en liggaamsvloeistowwe te balanseer.
• Voortplantingstelsel: Organe is verskillend tussen mans en vroue en bedoel vir voortplanting asook uitskeiding van uriene.
• Endokriene stelsel: Bevat ‘n groep klein organe in sy eenheid soos die skildklier, byniere, pankreas en byniere om hormone te produseer om die onderskeie liggaamsfunksies te reguleer
• Limfvatstelsel: Bestaan uit limfknope, milt, timus, limfvate en is kollektief bedoel om die liggaam te ontgif en afval uit die liggaam te dreineer om te verhoed dat metaboliese afval opbou en weens die pleomorfiese aard van siektetoestande te voorkom, voordat dit in die liggaam opbou en ontwikkel.
• Eksterne of integumentêre stelsel: Dit is organe soos die vel, hare om die liggaam te beskerm teen beserings en infeksie
Strukture
Al die bogenoemde organe of individuele strukture moet eie unieke funksies verrig en uitvoer. Baie klem word gelê op die strukture wanneer daar ‘n ongewensde toestand voorkom, soos ‘n spier wat gekneus is, ‘n been wat gebreek is.
ook toestande soos niere wat nie funksioneer nie, lewer wat vervet is, longe wat asmaties is en of disfunksionele hartfunksies.
En die moderne uitgangspunt en resultaat is, hierdie orgaan of struktuur ontvang die fokus van behandeling.
Dit is hier waar die leemtes en vrae in begrip van gesondheid of die behandeling van siektetoestande voorkom.
Twee elemente ontvang nie die klem en aandag wat dit moet ontvang in die definisie van gesondheid nie.
1. Die mitochondria van elke se in elke oorgaan wat met gesonde operatiewe selfunksies die orgaan moet ondersteun om sy operatiewe funksie uit te voer.
2. Die korrekte energie, bekend as “ATP-Mg” energie, wat die unieke mitochondria van die orgaan se selle nodig het om te sorg dat die orgaan sy funksies uitvoer.
Hierdie twee elemente se belangrikheid ontvang geen aandag nie en min klem word op hul kritiese belang geplaas.
As hierdie twee kritiese rolspelers nie doelbewus ondersteun word met genoegsame opname van die regte magnesium nie, kan die orgaan nie sy belangrike funksies vir die groter geheel van die liggaam se herstel of gesondheid genoegsaam uitvoer nie.
Voorbeelde
• ‘n Vrou se eierstokke is 'n struktuur. Estrogeen is die hormoon wat geproduseer moet word vanuit die eierstokke. Estrogeen is hormoon wat vanaf die eierstokke moet sirkuleer om die selle wat dit benodig se sein en funksionele biologiese aksie dryf. ‘n Vrou se biologiese behoeftes word nie deur die eierstokke ondersteun nie, maar deur die estrogeen wat die eierstokke suksesvol moet produseer.
• Mastselle in die liggaam is ‘n struktuur. Histamien is die produk wat vanaf die mastselle uitgeskei word om reaksies, senuwee-seine, immuunreaksies en ander aktiwiteite in die liggaam te stimuleer. Mastselle beteken vir die liggaam niks as mastselle nie histamien suksesvol afskei en produseer nie.
• Dieselfde geld vir die vele nikotienreseptore wat in die liggaam teenwoordig is. Dit is ook ‘n struktuur. Nikotien as ‘n rolspeler is totaal onbekend vir die meeste mense en tog is nikotien by elke spierfunksie en reaksie van die senuwees betrokke. By byna elke gesondheidstoestand. Nikotienreseptore sonder nikotien is net ‘n struktuur wat niks vir die liggaam beteken nie.
Die mitochondria in elke sel van die liggaam ook ‘n struktuur.
• Dit is enjin in al die selle wat in organe of strukture voorkom, wat met ATP-Mg energie aktiveer/stimuleer/ moet word wat uiteindelik die faktor is waarop klem gelê moet word.
• Dit is nie organe wat binne die liggaam rondbeweeg nie, dit is wat die organe produseer waarop die klem gelê moet word. En dit word met ATP-Mg energie geproduseer.
• Min rolspelers in gesondheid plaas klem op ATP-Mg-energie se belangrikheid om organe funksioneel te maak.
• Dit is met ATP-Mg energie waar alles begin of nie begin nie. Die liggaam verwek sy ATP-energie met magnesium om in elke sel van elke orgaan in die liggaam sy ensiematiese prosesse suksesvol uit te voer.
Wat doen die liggaam met ATP-Mg energie?
• Gebruik dit vir elke funksionele produserende funksie in die liggaam.
• Die liggaam is ‘n bio-elektriese eenheid wat sy energie opwek uit 84 minerale, 16 vitamienes, 8 aminosure en 2 vetsure asook water.
• Elke aksie en reaksie het te doen met bio-elektriese ATP-energie.
• Daar is niks in die liggaam passief nie. Dit is 'n vibrerende bio-elektriese kernkrag eenheid wat energie uistraal en projekteer.
Binne hierdie konteks ;
• Gebruik die brein ATP- energie om al sy senuwee-aktiwiteite en funksies te stimuleer, die seine te stuur en nodige senuwee boodskappe te ontvang en, so ook elke ander funksie wat energie vereis van die brein soos byvoorbeeld om gedagtes te vorm
• Die hart se pompaksie vereis ATP Mg energie. Lees op ons blog hoe sinusknope in die hart ATP-energie ontwikkel om bloed suksesvol te pomp
• Die sametrekking van bloedvate om bloed in die liggaam in te pomp vereis ATP energie. (Magnesium en kalsium)
• Die spysverteringstelsel benodig ATP-energie vir persitaltiese bewegings byvoorbeeld van die kolon. Maar ook elke ander dermfunksie.
• Elke ensiem wat kos afbreek, elke aksie wat selwande benodig om voedingstowwe op te neem, elke beweging en peristaltiese sametrekking van die derm benodig ATP-Mg-energie.
• Om te slaap vereis ATP-Mg-energie om melatonien te versamel in die liggaam wat slaap meebring.
• Die biologiese rus en liggaamlike herstel wat snags plaasvind, benodig ATP-energie. Dit is wanneer die immuunstelsel sy funksies uitvoer.
• Die uitskeiding asook verwydering van metaboliese sellulêre afval uit die liggaam benodig ATP-energie.
• Die immuunstelsel se aktiwiteite vereis ATP-energie.
• Elke hormoon se funksie en aksie en ook die produksie daarvan het ATP-energie nodig.
• Elke opdrag wat hormone in die liggaam moet uitvoer, benodig ATP-energie.
• Die regulering van die liggaam se temperatuur, elke beweging, elke oogknip, elke oomblik van sellulêre, wond- en weefselherstel het ATP-energie nodig om minerale wat elke sel bio-elektries stabiel hou, te stabiliseer.
Die liggaam vra nie toestemming om ATP-energie te spandeer nie. Dis sy asemhaling en sy brandstof. Hy doen dit om die mens te laat lewe.
Dit spandeer dit omdat dit sy bron van energie is wat dit moet gebruik om al sy energiefunksies uit te voer.
Dit is hier waar die vraag oor natuurlike gesondheid interessant raak.
Deel 2 se vraag
1. Is dit die orgaan wat die probleem is, of die orgaan se vermoë om ATP-Mg -energie te produseer wat die probleem is. Want tekorte aan ATP-Mg sal die orgaan siek en disfunksioneel maak.
2. Organe werk nie in isolasie nie. Hulle werk wel individueel, met ‘n unieke karakter in hul funksie om weefsel, kraakbeen en bene te vorm, senuwee en reseptore te ondersteun, maar hul individualiteit is nie in isolasie van ander organe se uitsette nie.
3. Wat gebeur as organe weens te min ATP-Mg energie nie hul funksies genoegsaam uitvoer nie?