20/07/2026
Goedvoelstorie 1 van 1 Julie 2026.
Waar begin mens...?
Goeiedag.
Ek is Hannelie, die depot onder die naam Karoohart.
Ek is al 36 jaar 'n boervrou wat saam met my man boer, help met ons Meatmaster-skape en tussen dit alles my grootste passie uitleef – mense en gesondheid.
"Waar begin ek?"
Was die eerste vraag wat ek myself gevra het toe Pierre my vra om my storie te skryf.
Ek het my oë toegemaak, gebid en die Here gevra vir wysheid en leiding. Dit het gevoel soos in 'n fliek waar die groot filmrol stadig begin draai en die hele storie voor my oë afspeel.
Vandag se verhaal gaan eintlik oor Krullie, maar toe besef ek dat ek, voordat ek vir Krullie kon help, ook my eie storie het om te vertel.
Ek het op 'n plaas in die verre noorde van Namibië grootgeword. Nog lank voordat ek skool toe is, was daar een vraag wat grootmense altyd gevra het:
"Hannelie, wat wil jy eendag word?"
Sonder om ooit te huiwer, was my antwoord altyd dieselfde:
"Ek wil 'n verpleegster word."
Elke Kersfees, wanneer my ma vra wat ek graag as geskenk wil hê, was my antwoord ook presies dieselfde: "Daardie dokterstassie met die rooi kruis voorop, die stetoskoop en al die instrumente."
Vandag besef ek dit was nie sommer net 'n kinderdroom nie.
Dit was 'n Godgegewe passie wat Hy reeds van kleins af in my hart geplant het – 'n diep begeerte om mense gesond te sien.
Dwarsdeur my skooljare het onderwysers my probeer oortuig om ook ander beroepe te oorweeg. Ek het my huiswerk gedoen in Voorligting, maar my hart het nooit verander nie.
Ek het uiteindelik my opleiding voltooi as verpleegsuster en vroedvrou.
In 1997 is my eie ma met borskanker gediagnoseer. Tien jaar later, in 2007, het ons haar verloor. Daardie tyd het my by 'n diep kruispad in my lewe gebring.
Ek het begin vrae vra. Baie vrae.
Ek het besef dat die antwoord op siekte nie altyd net daarin lê om chemiese middels in die liggaam te sit nie. Daar moes meer wees. Ek het begin soek na die oorsake van siekte en na maniere waarop 'n mens jou liggaam kan ondersteun en versterk soos God dit ontwerp het.
In 2018 het ek by Pierre se Facebook-groep aangesluit.
Vir drie jaar het ek hom dopgehou, geluister en gelees. Met tyd het ek besef: Pierre is 'n man met integriteit en 'n mens kan hom vertrou. Daarom het ek in 2021 as depot aangesluit.
Ek self het ook my eie gesondheidsuitdagings gehad –
'n jeukerige, droë kopvel en migraine wat my al 45 jaar geteister het. My ma én al vyf haar kinders het migraine gehad. Ek het maar ged**k dit lê in die gene en dat ek eenvoudig daarmee sal moet saamleef.
Die eerste Ecohealth-produkte wat ek begin gebruik het, was die Herbal Shampoo en Conditioner.
Ek het meer as 20 jaar met 'n jeukerige, droë kopvel gesukkel. Ná ongeveer drie maande het die jeuk heeltemal verdwyn. Vandag, vyf jaar later, gebruik ek dit steeds, en my kopvel pla my nog glad nie.
Ek probeer soveel moontlik van Ecohealth se produkte self gebruik, want wanneer ek iemand anders help, wil ek nie uit hoorsê praat nie.
Ek wil uit eie ervaring kan getuig.
Met verloop van tyd het ek ook begin met Kameelmelk, Hippy Shake, Kolostrum, Kollageen, Fulvic Acid, Spice Mix, Tulsi, Vitamien B, en ek het my gereeld gesmeer met die Magnesium Mix Gel en Neuropathic Cream vir pyne nadat ek oor die kraalmure geklim en op die plaas gewerk het.
En toe, een dag, besef ek iets ongeloofliks...
Ek kry nie meer migraine nie. Vyf-en-veertig jaar se migraine... weg.
Selfs my bloeddruk, is mooi normaal.Hierdie jaar het ek nog nie een mediese pil oor my lippe gesit nie.
Daarom het ek vandag vrymoedigheid om ander ook te help.
Toe Krullie my in Januarie bel en vra of ek hom sal help, het ek terugged**k aan al die wonderlike getuienisse van mense wat reeds deur Ecohealth gehelp is. Daardie stories het vir my moed en hoop gegee.
Die eerste maand was daar egter geen verbetering nie.
Elke keer wanneer ek vra hoe dit gaan, en die antwoord was: "Nog geen verbetering nie," moes ek myself herinner om moed te hou. Om die wonderlik geskape liggaam kans te gee om van diep binne af te begin herstel.
En toe kom die dag...
Ek vra weer hoe dit gaan.
Die antwoord was:
"Daar is verbetering."
Ek het in trane uitgebars.
Toe ek daarna die foto's ontvang van hoe Krullie nou lyk, kon ek nie my emosies in woorde omsit nie.
Selfs vandag, wanneer ek daaraan d**k, slaan ek nog hoendervleis uit.
Hoe sê 'n mens dankie?
Ek dank die Here wat ons liggame so wonderbaar geskape het en genesing moontlik maak. Ek is dankbaar dat Hy mense soos Pierre oor my pad gestuur het en dat ek elke dag die voorreg het om saam met mense op hul pad na beter gesondheid te stap.
Dít is hoekom ek aanhou... om hoop te bring.