Oesland Basaar - Swartland NG Gemeente

Oesland Basaar - Swartland NG Gemeente Die hart van die Kerk, wat aanhou klop danksy die hulp en bereidwilligheid van Sy gemeentelede.

UITSTALLERS WELKOM!Uitstallers hier is julle kans om deel te wees van ons jaarlikse Oesland Basaar.Doen sommer nou aanso...
06/08/2026

UITSTALLERS WELKOM!

Uitstallers hier is julle kans om deel te wees van ons jaarlikse Oesland Basaar.

Doen sommer nou aansoek vir 'n uitstalruimte!

Tafels wat aanvaar sal word:
* Handgemaakte items (geen naaldwerk of breiwerk)
* Skoonheidsprodukte
* Braaigereedskap
* Hout speelgoed
* Leerprodukte
* Parfuums
* Mandjies
* Juwele
* Kuns

AFSNYDATUM: 1 SEPTEMBER 2026
Koste: R300

Skakel na aansoekvorm:
https://forms.gle/fHHxdLeg6suBEmfk8

Datum: Saterdag, 19 September 2026
Tyd: 09:00 tot 13:00
Plek: Malmesbury Stadsaal
Kom wees deel van die hartklop! πŸ©·πŸ§‘πŸ’š

HOE KAN JY BETROKKE RAAK?Voltooi die onderstaande vorm deur dit af te laai of neem 'n uitgedrukte een Sondae by die kerk...
28/07/2026

HOE KAN JY BETROKKE RAAK?

Voltooi die onderstaande vorm deur dit af te laai of neem 'n uitgedrukte een Sondae by die kerk se ingangsportale.

Vorms kan ingehandig word by die kerkkantoor of via WhatsApp aangestuur word na 074 154 8678.



WAAR KAN JY BETROKKE RAAKIs jy al deel van die Oesland Basaar? Indien nie, glo ek dat jy beslis by een van die vele afde...
26/07/2026

WAAR KAN JY BETROKKE RAAK

Is jy al deel van die Oesland Basaar?
Indien nie, glo ek dat jy beslis by een van die vele afdelings iets sal vind wat 'n glimlag op jou gesig sal plaas.

Ons het wonderlike raakvat konvenors wat aan die stuur van sake staan en graag van jou sal wil hoor.

Loer gerus na al ons afdelings en kom raak deel van die hartklop!

πŸ™ŒπŸΌπŸ©·πŸ™ŒπŸΌπŸ§‘πŸ™ŒπŸΌπŸ’šπŸ™ŒπŸΌ




MANDJIES-PROJEKWees op die uitkyk vir ons mandjies met behoefte-sakkies voor in die kerk.Die doel van hierdie projek is ...
25/07/2026

MANDJIES-PROJEK

Wees op die uitkyk vir ons mandjies met behoefte-sakkies voor in die kerk.

Die doel van hierdie projek is om deurlopend nie-bederfbare behoeftes in te samel en elke gemeentelid die geleentheid te gee om 'n bydrae te maak.

Daar is ook 'n mandjie waarin u items kan plaas vir ons boeke-tafel.

Enige witolifante wat u graag reeds wil skenk kan by die kerkkantoor afgegee word.




19/07/2026

OESLAND BASAAR 2026

Slegs 2 maande dan hou ons basaar!
Die dae raak nou min...

Laat ons die beste maak van elke dag deur hande te vat om voor te berei, soos net ons gemeente kan!

Nou is jou kans om betrokke te raak by hierdie hoogtepunt op ons kerkalmanak... en deel te wees van die gemeenskapsgees en samesyn .

Dis waar ons gemeente se hart klop… en waar God se genade en goedheid duidelik sigbaar is!

Ons sien uit om van jou te hoor.

Basaargroete!

πŸ©·πŸ§‘πŸ’š

Address

Church Street
Malmesbury
7300

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Oesland Basaar - Swartland NG Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category