02/09/2026
Waar begin 'n mens? 🌼
Hierdie naweek by Anderland was alles waarvoor ons kon hoop, en dan nog meer. Vyf jaar van Die Dromers Mark, gevier saam met die mense wat dit moontlik gemaak het: julle.
Aan elke maker wat vroeg opgestaan het en met liefde hulle stalletjie gepak het. Aan elke musikant wat vir ons gespeel het. Aan elke gesin, vriendekring, hondjie en kleintjie wat by die hek ingestap het. Aan elkeen wat 'n koppie koffie gekoop het, 'n stukkie brood geproe het, 'n handgemaakte skattie huis toe gevat het. ♡
Julle het van 'n gewone naweek 'n herinnering gemaak wat ons lank sal koester.
Dankie. Regtig, uit die diepte van ons hart. 🌼
Tot volgende keer, Dromers.