Geldenhuys Slagtery

Geldenhuys Slagtery Gehalte vleis sedert 1948

Oorskietbraaivleis Pastei 🥧🔥Bestanddele - Deeg750 ml bruismeel200 ml kookwater200 ml olie5 ml soutBestanddele - VulselEn...
28/05/2026

Oorskietbraaivleis Pastei 🥧🔥

Bestanddele - Deeg
750 ml bruismeel
200 ml kookwater
200 ml olie
5 ml sout

Bestanddele - Vulsel
Enige oorskietbraaivleis, opgesny
1 groot ui, gekap
Sampioene, peppers, olywe of pynappel (opsioneel)
Tamatie relish of tamatie-en-uie smoor
Gerasperde kaas (opsioneel)
Sout, peper & knoffelvlokkies

Metode
Meng al die deegbestanddele in ’n bak tot ’n sagte deeg vorm. Knie liggies tot glad.
Braai die ui en vleis saam met enige ekstra bestanddele tot warm. Maak seker die vulsel is effens souserig.

Druk die deeg plat in ’n oondbak.
Smeer tamatie relish of smoor oor die helfte van die deeg.
Skep die vleismengsel bo-op en strooi kaas oor indien verkies.
Vou die ander helfte van die deeg oor en druk die kante mooi toe.

Bak by 180°C vir ongeveer 45 minute of tot goudbruin en bros.
Laat staan 10 minute voor opdiening.

Perfek saam met slaai, rys of sommer net so!

WOESDAG = KLEIN SATERDAG = BRAAIDAG! Die week is amper gewen… nou kort jy net vuur, vleis en goeie mense. Maak vanaand ’...
27/05/2026

WOESDAG = KLEIN SATERDAG = BRAAIDAG!

Die week is amper gewen… nou kort jy net vuur, vleis en goeie mense.

Maak vanaand ’n behoorlike Klein Saterdag met jou gunsteling braaivleis, wors, sosaties en natuurlik daai ekstra biltong vir die wagtyd by die vuur.

Kom kry alles wat jy nodig het by Geldenhuys Slagtery — want ’n Woesdag sonder ’n braai is mos net ’n gewone Woensdag!

“Dinsdag is net Maandag met ’n beter braai-plan.” Kom maak jou week smaaklik met kwaliteit vleis, vars produkte en daai ...
26/05/2026

“Dinsdag is net Maandag met ’n beter braai-plan.”

Kom maak jou week smaaklik met kwaliteit vleis, vars produkte en daai egte Geldenhuys-gehalte wat elke ete beter maak.

Kom loer gerus vandag in en vul die yskas vir die week!

Droëwors & Biltong — die helde van elke happie! By Geldenhuys Slagtery weet ons goeie biltong en droëwors is nie net ’n ...
25/05/2026

Droëwors & Biltong — die helde van elke happie!

By Geldenhuys Slagtery weet ons goeie biltong en droëwors is nie net ’n peuselhappie nie… dis ’n leefstyl.

✔️ Perfek vir padkos
✔️ Die wenner in kosblikke
✔️ Heerlik saam met ’n koue drankie
✔️ Ideaal vir snackborde en bygeregte
✔️ Of sommer net so, direk uit die sakkie!

Van daai eerste happie tot die laaste stukkie, ons bekende biltong en droëwors hou almal terug vir nóg.

RESEP: MieliepaptertBestanddele - Pap2 liter water125 g (¼ blok) botter10 ml (2 t) sout660 g (4 k) mieliemeelBestandele ...
25/05/2026

RESEP: Mieliepaptert

Bestanddele - Pap
2 liter water
125 g (¼ blok) botter
10 ml (2 t) sout
660 g (4 k) mieliemeel

Bestandele - Vulsel
ekstra botter
1 ui, gekap
200 g (1 pakkie) spek in blokkies gesny
500 g (250 g x 2 pakkies) sampioene, in skyfies gesny
½ rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
410 g (1 blik) geroomde mielies
250 ml (1 k) kaas, gerasper
2,5 ml (½ t) sout
knippie swartpeper
ekstra kaas, gerasper, vir bo-oor

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Verhit die water, botter en sout in ’n groot kastrol tot kookpunt.
Roer die mieliemeel by die kokende water tot goed gemeng. Verlaag die hitte en laat prut vir 15 minute oor lae hitte totdat die pap gaar is.

Verdeel die helfte van die pap tussen twee losboomkoekpanne met ’n deursnee van 25 cm wat met botter gesmeer is.
Verhit genoeg botter in ’n braaipan en braai die ui en die spek daarin vir 3 minute.
Voeg die sampioene daarby en braai tot die sampioene sag is. Voeg die soetrissie by en braai vir nog 3 minute. Verwyder van die hitte.

Roer die mielies, kaas, sout en peper by die sampioenmengsel.
Verdeel die vulsel tussen die twee lae van die pap.
Skep die oorblywende pap oor die vulsel. Maak glad bo-op.
Rasper die kaas bo-oor die paptert.
Giet die room eweredig bo-oor die twee terte.
Bak vir 30 minute tot die kaas liggoudbruin bo-op is.
Laat staan die paptert vir 15 minute om effens af te koel voor opdiening.

RECIPE Pork Stew With Tomato GravyIngredients:1.2kg pork stewing meat 30ml oilSalt and pepper to taste2 large onions, ch...
04/05/2026

RECIPE Pork Stew With Tomato Gravy

Ingredients:
1.2kg pork stewing meat
30ml oil
Salt and pepper to taste
2 large onions, chopped
1 large green chilli, chopped
5ml each of ginger and garlic, chopped
30ml meat masala
2 Tbsp. tomato paste
125ml chutney, lite
350ml meat stock
Fresh or dried herbs of your choice
3 large carrots, peeled and cut into thick slices
1 can (400g) chopped tomatoes

Method:
Heat the oil in a thick-based pot and brown the meat. Work in batches, ensuring the meat has a lovely golden-brown crust all over – season with salt and pepper.
Brown the onion and chilli in the same pot. Once the onion is soft and translucent, add the garlic, ginger, spices, tomato paste and chutney. Stir-fry for another minute.
Return the meat to the pot, add the stock and herbs, reduce the heat and simmer gently for 1 hour with the lid on.
Stir in the carrots and chopped tomato and check the seasoning. Add a pinch of salt and pepper if you like.
Simmer the stew gently for another 1 – 1,5 hours or until the meat is tender and the gravy deliciously thick.

By Geldenhuys Slagtery glo ons dat kwaliteit nie gejaag kan word nie, dit word met sorg, passie en trots gebou.Net soos ...
29/04/2026

By Geldenhuys Slagtery glo ons dat kwaliteit nie gejaag kan word nie, dit word met sorg, passie en trots gebou.

Net soos in die lewe, lê die verskil in die detail. Van die keuse van die beste snitte tot die manier waarop dit voorberei word - ons doen dit reg, elke keer.

Kom ervaar die smaak van egte gehalte en tradisie 🔥

RECIPE: Beef GoulashIngredients30 ml (1 Tbsp) sunflower oil1 kg beef goulashsalt and pepper1 onion, chopped2 garlic clov...
24/04/2026

RECIPE: Beef Goulash

Ingredients
30 ml (1 Tbsp) sunflower oil
1 kg beef goulash
salt and pepper
1 onion, chopped
2 garlic cloves, crushed
45 ml (3 Tbsp) ground paprika
10 ml (2 tsp) Cayenne Pepper
500 ml (2 cups) prepared beef stock
1 x 50 g Tomato Paste Sachet
1 x 400 g can Tomato Chopped & Peeled

Method
Heat the oil in a large saucepan.
Brown the goulash in batches and set aside.
Add onions to the same saucepan and fry until softened.
Add the garlic and fry for a few minutes more.
Return the beef to the pan.

Add the paprika and the Cayenne Pepper to the pan and toss to coat.
Add the beef stock, Tomato Paste Sachet and Tomato Chopped & Peeled.

Cover with a lid and let simmer until the meat is very tender, about 2 hours, stirring occasionally.

Dis Vrydag… en jy weet wat dit beteken 😏🔥Tyd vir ‘n behoorlike braai met top gehalte vleis van Geldenhuys Slagtery!🥩 A-G...
17/04/2026

Dis Vrydag… en jy weet wat dit beteken 😏🔥

Tyd vir ‘n behoorlike braai met top gehalte vleis van Geldenhuys Slagtery!

🥩 A-Graad Sirloin Steak – slegs R179.90/kg
🥩 A-Graad Ribeye Steak – slegs R239.90/kg

Perfek vir vanaand se kole, sappig, sag en propvol geur 👌

Moenie wag nie – kom kry joune terwyl voorraad hou!

Niks klop ’n tuisgemaakte gekrummelde varktjoppie nie! Daai goudbruin, bros krummellaag…Daai sappige, sagte vleis binne…...
09/04/2026

Niks klop ’n tuisgemaakte gekrummelde varktjoppie nie!
Daai goudbruin, bros krummellaag…
Daai sappige, sagte vleis binne…
En daai eerste happie wat jou sommer laat terugdink aan huis en kuier om die tafel.

By Geldenhuys Slagtery glo ons dat goeie kos begin by top gehalte vleis – en dis presies wat jy by ons kry. Ons varktjops is vars, smaakvol en perfek vir daai heerlike, tuisgemaakte krummeltjops wat almal lief voor is.

Kom haal joune vandag en maak vanaand iets spesiaal vir die hele familie!

Address

Voortrekkerstraat 16
Prince Alfred Hamlet
6840

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:30
Tuesday 07:00 - 17:30
Wednesday 07:00 - 17:30
Thursday 07:00 - 17:30
Friday 07:00 - 17:30
Saturday 07:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Geldenhuys Slagtery posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Geldenhuys Slagtery:

Share

Category