Elana's

Elana's Good quality products at affordable prices. Our products are home made and as far as possible produced from local raw materials

01/06/2026

Kan nie glo die tyd het so gevlieg! Al weer 'n jaar later. Elana"s se inskrywings is in en nou wag ons vir die beoordeling.

27/05/2026
25/05/2026

Daai warm geur van varsgebakte wortelkoek… nou in ’n heerlike crunchy beskuit 🤎🥕☕

By Elana’s word elke Wortelkoek Beskuit met die hand gemaak - van die meng van vars bestanddele tot die stadig uitdroog vir daai perfekte crunch waarvan almal hou.

Soet, crunchy en perfek saam met ’n warm koppie koffie ☕✨
Een happie… en jy gaan nóg wil hê.

Kom proe self hoekom almal mal raak oor Elana’s se tuisgemaakte beskuit 😍

22/05/2026

In 2008 het ons plaas ook erg deurgeloop onder 'n vloed. Jaco het 'n bybel opgetel in een van sy perskeboorde. Dit was oop by Jesaja 44:3. ("Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou nageslag uitstort en my seën op jou nageslag."). Ons het die bybel laat raam en dit hang in ons braaikamer vir my familie as 'n geloofs monument.

Toe ons maandag 11 Mei die nuus kry van die BAIE water wat aankom het ek gepleit by God dat Hy sy engele sal stuur om ons walle te bewaar. Want enige boer langs 'n rivier sal vir jou sê "As jou walle wegspoel is jou grond rivier af!". Oor die laaste paar jaar het Jaco baie vragte rotse en klip ingery om die walle te versterk.

En toe kom die water ... hoër as die 100 jaar vloedlyn, baie vinniger as vorige jare. Ons riviergrond word deel van die rivier se vloei en waar daar gister nog boorde was is daar nou net water. Ons kele trek toe, emosies loop hoog en trane begin vloei. Is ons boorde weg? Ons sien niks!

Na 2 dae begin die rivier kalmeer. Ons trek ons waterskoene aan en durf die modder aan. Die boorde en wingerde is erg verniel. Dele is plat gevee. Dis ashope van opdrifsels. Bome, takke, bure se suurlemoene, karavane en selfs bote. MAAR ons WALLE het gehou..ons grond is nog hier.

Ons dien 'n getroue God en my boerman kan opruim en weer begin opbou.

Sun on your skin. A glass in hand. And flavours that just hit right. 🍷We partnered with McGregor Winery to create the ki...
18/05/2026

Sun on your skin. A glass in hand. And flavours that just hit right. 🍷

We partnered with McGregor Winery to create the kind of spread you don’t rush - where every cracker, every bite of cheese, and every spoon of Elana’s adds something to the moment.

Sweet, tangy, a little bit bold… just the way it should be.

Because the best pairings aren’t just on the table - they’re the moments you create around it.

We loved teaming up with  to bring together the perfect pairing - Elana’s bold, flavour-packed preserves with their beau...
14/05/2026

We loved teaming up with to bring together the perfect pairing - Elana’s bold, flavour-packed preserves with their beautifully crafted wines.

From sweet peppers to chilli cheese toppers, every bite was made to complement every sip.

This is what slow, local living tastes like.

📍Grab your favourites and create your own pairing experience

Liewe ElanaBaie geluk met jou verjaarsdag!Mag dit vir jou ’n werklik besondere dag wees, want jy is ’n besondere vrou.❤️...
13/05/2026

Liewe Elana

Baie geluk met jou verjaarsdag!
Mag dit vir jou ’n werklik besondere dag wees, want jy is ’n besondere vrou.❤️

Jy laat ons altyd d**k aan die vrou van Spreuke 31:
"’n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene.
Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk.
Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank.
Sy pak haar werk aan met krag; haar hande staan vir niks verkeerd nie.”

Mag jy vandag en in die jaar wat voorlê oorvloedig geseën word!🎉

Liefde, groete en vrede
Elana's Span

Ons kyk met trots terug op die afgelope twee jaar wat Roelou deel is van die Elana’s familie. Wat begin het as ‘n onbepl...
09/05/2026

Ons kyk met trots terug op die afgelope twee jaar wat Roelou deel is van die Elana’s familie. Wat begin het as ‘n onbeplande lewenspad, het ontwikkel in ‘n ongelooflike groeiverhaal. Van ‘n jong student, vars uit universiteit, het hy gegroei tot ‘n volwaardige fabrieksbestuurder wat daagliks ‘n groot verantwoordelikheid dra.

Hy is die een wat soggens vroeg die fabriek se deure oopsluit lank voordat die dag begin, en saans weer toesluit wanneer almal reeds huistoe is. Die netheid en orde waarvoor die fabriek bekend is, dra duidelik sy handtekening en trots.

Met ‘n ferm maar regverdige hand bestuur hy die Elana’s span vroue, altyd met begrip en empatie vir elke persoon se unieke omstandighede. Soos in enige familie, stamp koppe soms tussen hom en sy ma — die generasieverskil maak gereeld sy verskyning — maar respek, liefde en oop gesprekke bring altyd weer begrip.

Sy agtergrond as landbou-ekonoom gee hom ook ‘n sterk voordeel in onderhandelinge rondom die aankoop van grondstowwe en materiale vir die fabriek. Hy bring vars denke, nuwe idees en ‘n jong energie na die besigheid.

Die Elana’s span wens Roelou net die beste toe vir die nuwe jaar. Mag hy aanhou groei, nuwe hoogtes bereik en Elana’s met passie, visie en deursettingsvermoë na die volgende vlak neem.

Forget the flowers (well, maybe get those too 🌸) - this Mother's Day, give Mom something she'll actually use! Our Gift P...
08/05/2026

Forget the flowers (well, maybe get those too 🌸) - this Mother's Day, give Mom something she'll actually use!

Our Gift Packs are filled with Elana's homemade goodness, from fruity jams to pizza toppings. The real question is… which one will she love most? 🫙❤️ Shop in-storr now!

06/05/2026

Baie dankie aan almal wat ons ondersteun het - sonder julle is dit nie moontlik nie!😁

Address

Silwerstrand Road
Robertson

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:30 - 13:00

Telephone

023 626 4985

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Elana's posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Elana's:

Share