Biltong Boys

Biltong Boys We sell a wide range of quality Biltong, Droëwors, Dried Fruit and other complimentary products.

Ons is ongelooflik opgewonde om Simply Leather amptelik deel van ons familie te maak! Van beursies en gordels tot sakke,...
10/08/2026

Ons is ongelooflik opgewonde om Simply Leather amptelik deel van ons familie te maak!

Van beursies en gordels tot sakke, sleutelhouers en ander egte leerprodukte — kwaliteit, karakter en trots Suid-Afrikaans.

📍 Kom kuier by ons by 9 Swellengrebelstraat, Swellendam en kom kyk self na die reeks.

En natuurlik… baie geluk aan Jancke Du Toit ! Jy het soos baie reg geraai dat 'n leerbesigheid volgende is.

Ons soek ook herverkopers!
Het jy 'n padstal, winkel of ander besigheid en wil jy Simply Leather produkte aanhou? Kontak ons gerus vir meer inligting oor ons herverkoper-opsies.

Volg ook ons nuwe Simply Leather Facebook-blad en help ons om die woord te versprei.

Kliek op die link
https://www.facebook.com/share/1DPRneMDi6/

It’s Life. Simply Leather.

Oishii Foods & Deli Fat Lady's Arms Wholesale Edward Thirion

09/08/2026
Vrouedag is om die draai... 🌸By Biltong Boys het ons 'n pragtige verskeidenheid geskenkpakkies en lekkernye – perfek om ...
06/08/2026

Vrouedag is om die draai... 🌸

By Biltong Boys het ons 'n pragtige verskeidenheid geskenkpakkies en lekkernye – perfek om haar te bederf. Van heerlike biltong en droëvrugte tot handgemaakte konfyt, uiemarmelade, vye en ander unieke produkte.

Van biltong tot jam... ons het die perfekte geskenk vir die vrou in jou lewe.
Kom loer gerus in en laat ons jou help om die ideale geskenk saam te stel.

📍 Biltong Boys
Of whatsapp ons- 0822848599

Wagenweg Boutique Market, Swellendam

Gelukkige Vrouedag aan al die ongelooflike vroue! 💐

Ons familie groei!! RAAI EN WEN!Van Biltong Boys  , Candy Girls, Oishii Foods & Deli s & Deli, Fat Lady's Arms Wholesale...
06/08/2026

Ons familie groei!! RAAI EN WEN!

Van Biltong Boys , Candy Girls, Oishii Foods & Deli s & Deli, Fat Lady's Arms Wholesale en Biltong Boys Stainless Steel... is daar nou nóg iets wat vanaf Maandag by die familie aansluit.

RAAI WIE?
Los jou raaiskoot hieronder...

Een gelukkige persoon wat reg raai, wen n R500 voucher by enige van die besighede soos op die plakkaat onderaan!!

Simply Swellendam Tourism Experience

Net 'n vriendelike herinnering...Biltong Boys het net één winkel.As jy die egte Biltong Boys-ervaring, ons bekroonde bil...
28/07/2026

Net 'n vriendelike herinnering...

Biltong Boys het net één winkel.

As jy die egte Biltong Boys-ervaring, ons bekroonde biltong en ons bekende diens wil hê, teen die regte prys, maak seker jy besoek ons oorspronklike winkel.

Elke aankoop ondersteun 'n plaaslike, onafhanklike besigheid wat saam met sy personeel en die Swellendam-gemeenskap droom en groei.

Dankie dat julle aanhou om plaaslik te koop en plaaslik te ondersteun. Dit maak vir ons 'n wêreld se verskil.

Biltong Boys – Ons verkoop nie net biltong nie, ons verkoop 'n ervaring.

Nuut by Biltong Boys – Bosveld Droëwors!Sommige droëwors eet jy... Hierdie een onthou jy.Ons stel twee Bosveld-variante ...
28/07/2026

Nuut by Biltong Boys – Bosveld Droëwors!

Sommige droëwors eet jy... Hierdie een onthou jy.

Ons stel twee Bosveld-variante bekend, albei gemaak van kwaliteit vleis met daardie egte Bosveld-smaak:

Die Klassieke – die bekende ronde droëwors wat almal ken en geniet.

Die Bosveld Platwors – 'n meer tradisionele, platgedrukte droëwors met 'n unieke karakter, stewige byt en 'n smaak wat jou terugvat plaas toe.

Dieselfde kwaliteit. Twee verskillende ervarings.

Watter een gaan jou gunsteling wees? Kom proe albei by Biltong Boys.

Ons het goud geslaan.Vandag word Goue Sous gebottel in Swellendam en geniet mense dit regoor Suid-Afrika – van die Kalah...
22/07/2026

Ons het goud geslaan.

Vandag word Goue Sous gebottel in Swellendam en geniet mense dit regoor Suid-Afrika – van die Kalahari tot in Gauteng.

Ek is ongelooflik trots op wat dit geword het, maar nog trotser dat ons die oorspronklike idee met respek kon vat, ons eie karakter daaraan kon gee, en iets kon skep wat mense vandag met trots op hul tafel sit, sê Edward Thirion Ons ondersteun nogsteeds die persoon wie die oorspronklike sous gemaak het waar ons dit eerste geproe het.

Van Swellendam... met baie ure se toets, proe en harde werk... tot regoor Suid-Afrika.

Dankie dat julle saam met ons en Jaco Ka'laari hierdie droom leef.

Ons het nog spasie oop in seker area's vir herverkopers, so kontak ons vandag nog.

Hierdie is net die pre-nominasies om op die lys te kom, maar het skielik agter gekom dit maak alweer toeSo asb, gaan ste...
16/07/2026

Hierdie is net die pre-nominasies om op die lys te kom, maar het skielik agter gekom dit maak alweer toe

So asb, gaan stem gou vannaand onder die kategorie Best Biltong

Kliek op die link, vul jou jou besonderhede in. Jy hoef nie alle sosiale media profile in te vul nie en submit

https://bestofthecape.primediaplus.com/

Address

Wagenweg Boutique Market, 23 Swellengrebel Street
Swellendam
6740

Opening Hours

Monday 07:30 - 17:30
Tuesday 07:30 - 17:30
Wednesday 07:30 - 17:30
Thursday 07:30 - 17:30
Friday 07:30 - 17:30
Saturday 07:30 - 15:00

Telephone

+27760563165

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Biltong Boys posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share