30/08/2024
Liewe Afrikaners...
Ons kondig met groot hartseer aan dat ons na 4 jaar, Afrikanerhart se deure permanent gaan sluit.
Dit was Ε ongelooflike reis met kosbare oomblikke, opgewondenheid, harde werk en onskatbare leergeleenthede.
Aan my kliΓ«nte, ondersteuners en verskaffers, BAIE DANKIE. Julle vertroue en geloof in Afrikanerhart se droom was my dryfkrag.
Die doel van Afrikanerhart was om die middelpunt te wees van eg Suid-Afrikaanse produkte, die idee wat tydens die Covid-19 pandemie ontstaan het, aangesien soveel mense werkloos gelaat was en kreatief moes wees om net bloot te kon voortbestaan. So het Afrikanerhart klein ondernemings regoor Suid-Afrika ondersteun om hul produkte en besighede bekend te stel.
Asook unieke produkte na ons klein dorpie, Thabazimbi toe te bring. Met 85 verskaffers, het ons wel ons doel bereik.
Aan die Hart van Afrikanerhart; Liefste Melis. Jou passie, toewyding en pligsgetrouheid was die gom wat alles bymekaar gehou het. Dit was Ε absolute fees en eer om die pad saam jou te kon stap.
P.S. Ek sou dit nie sonder jou kon doen nie!
Terwyl hierdie hoofstuk eindig, sal die band en herinneringe vir altyd by ons bly.
Ons het soveel dierbare verskaffers met groot harte en groter drome oor die jare ontmoet. Dit was Ε ervaring en Ε voorreg om deel van jou span te kon wees.
Dankie aan almal wat die droom moontlik gemaak het.
En dat ek my waardevolle stories van die produkte en my lewens ervarings met julle kon deel, as Ε trotse Suid-Afrikaner vir ons taal en tradisies.
Daar is Ε groot UITVERKOPING op ons laaste produkte, maak seker jy het jou gunstelling produk opgevul.
Ek is ewig dankbaar aan almal wat betrokke was in "ons storie".
Ek wens vir my span, verskaffers en kliΓ«nte groot sukses toe.
Vir ou laas...
Afrikaner groete en liefde β€οΈ
Monique