River Meat Deli

River Meat Deli Corner Golden Highway and Ravel Road, Saspark Centre Vanderbijlpark

02/06/2026

op IFM Radio 102.2 FM - 2 Junie 2026

Met trots geborg deur River Meat Deli

Ertjiesop

1 pakkie (500 g) droë ertjies /split peas
2 liter water
2 wortels
4 aartappels
2 uie
30 ml bruinasyn
100 ml worcestersous
sout en peper
400g sopvleis (shin met murgbene)
1 klein gerookte eisbein of 1 pakkie gesnipperde bacon (dis opsioneel)
bietjie olie om die uie in te braai

Skil jou groente en sny in dobbelsteentjies. Sny jou uie in ringetjies en braai dit saam met jou vleis bruin in ‘n bietjie olie in ‘n lekker groot pot op die stoof. Sit nou die res van die bestandele in die pot en kook tot sag. Roer gereeld. As jy ‘n drukpot gebruik sal dit 60 minute neem. In ‘n gewone pot sal dit langer neem. Jy moet maar voel totdat dit sag is. Nou moet jy proe, proe, proe. Gooi nog sout, peper of worcestersous in na gelang van jou smaak. Haal die vleis uit en druk die groente fyn of gebruik ‘n versapper en versap die groente fyn. Sit die vleis terug in jou pot en geniet die ertjiesop.

Ek deel hierdie resep met die vergunning van Marinda Kook, vir meer resepte besoek gerus www.marindakook.co.za.

Wen Wen Wen!!!   met Quentin Venter en River Meat Deli!Like en deel hierdie post en tag die beste pa in die wêreld en jy...
01/06/2026

Wen Wen Wen!!! met Quentin Venter en River Meat Deli!

Like en deel hierdie post en tag die beste pa in die wêreld en jy staan 'n kans om 'n R500 koop bewys te wen!

B's & V's geld.

01/06/2026
01/06/2026

op IFM Radio 102.2 FM - 1 Junie 2026

Met trots geborg deur River Meat Deli

'n Paar mense het gevra dat ek hierdie resep weer deel.

Mosterdsous

4 Eiers
190 ml Asyn
2 ml sout
135 ml (110g) suiker
40 ml mosterdpoeier

Klits alles saam in ’n glasmengbak met ’n ballonklitser. Tap nou water in ’n gewone pot en sit die glasbak bo-op die pot met water.
Kook die water en roer die inhoud in die glasbak gedurig. Al skuim die sous hou net aan roer. Dit raak lekker dik en lyk amper soos mayonnaise. Plaas in die yskas om koud te raak. Heerlik saam met vark, op toebroodjies of oor aartappelslaai.

Ek deel hierdie resep met die vergunning van Marinda Kook, vir meer resepte besoek gerus www.marindakook.co.za.

Baie geluk aan ons like en share wenner vir Mei 😜
30/05/2026

Baie geluk aan ons like en share wenner vir Mei 😜

Hoop jy het sommer baie lekker verjaar liefste Angelique 🎈❤️🎈❤️
30/05/2026

Hoop jy het sommer baie lekker verjaar liefste Angelique 🎈❤️🎈❤️

29/05/2026

op IFM Radio 102.2 FM - 29 Mei 2026

Met trots geborg deur River Meat Deli

Groenbone – met botter

500 g groenbone
60 ml olie
2 uie
2 knoffeltoontjies
250 ml spek ( bacon)
2 aartappels in blokkies gesny
sap van een suurlemoen
60 ml worcestersous
5 ml fyn neut
sout en peper na smaak
10 ml aromat ( as jy n gewetensbeswaar teen dit het – los dit uit)
80 ml botter

Sny jou ui in ringe en braai in jou 60 ml olie tot glaserig in 'n pot of pan bo-op die stoof. Voeg die spek en fyn gekapte knoffel by en braai verder. Sny die aartappels in blokkies soos dobbelsteenjies en sit dit saam met die bone in jou pan. Geur met al die res van die bestandele behalwe die botter. Nou moet jy proe en byvoeg waarvan jy baie hou. As jou groen bone sag, maar nie pap is nie, voeg die botter by en roer dit deur. Geniet die groenbone as n bykos of op sy eie. Ek gaan my groenbone vandag eet met rib wat stadig in die oond gebraai is.

Ek deel hierdie resep met die vergunning van Marinda Kook, vir meer resepte besoek gerus www.marindakook.co.za.

28/05/2026

op IFM Radio 102.2 FM - 28 Mei 2026

Met trots geborg deur River Meat Deli

Soet hoenderkerrie

1 heel hoender
1 ui
30 ml olie
2 knoffelhuisies
4 aartappels
1 hoenderekstrakblokkie of 10 ml poeierhoenderekstrak
750 ml warm water
2 lourierblare
60 ml kerrie
60 ml appelkooskonfyt
60ml asyn
60 ml suiker
30 ml borrie
sout en peper na smaak

Ek het 'n heel hoender geneem en opgesny in porsies. Dit hoef nie presies gedoen te word nie. Anders koop jy klaar hoenderporsies by jou winkel. Sny jou ui in ringe en braai in olie tot glaserig. Braai nou jou fyngekapte knoffel saam met die ui. Sit jou hoender by en braai die hoender bietjie bruin. Skil die aartappels en sny dit in kwarte. Sit dit by jou hoender in die pot. In 'n mengbak los jou hoenderekstrak in die warmwater op. Gooi nou al die res van die bestandele in die mengbak by die hoenderekstrak. Gooi dit oor die vleis in die pot en laat dit prut vir om en by 60 minute – dit behoort nou los van die been en lekker gaar te wees. Om die kerriesous in jou pot te verdik. Roer 10 ml mazina in 80 ml koue water tot dit n pasta vorm. Roer dit deur jou kerriehoender en laat dit prut vir 10 minute.

Ek deel hierdie resep met die vergunning van Marinda Kook, vir meer resepte besoek gerus www.marindakook.co.za.

27/05/2026

op IFM Radio 102.2 FM

Jou by River Meat Deli vir vandag!

Net vir vandag en net terwyl voorraad hou.

Address

Vanderbijlpark

Opening Hours

Monday 08:30 - 17:30
Tuesday 08:30 - 17:30
Wednesday 08:30 - 17:30
Thursday 08:30 - 17:30
Friday 08:00 - 18:00
Saturday 08:00 - 15:00
Sunday 08:00 - 13:00

Telephone

+27844963121

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when River Meat Deli posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to River Meat Deli:

Share

Category