Impala Butchery, Vredenburg.

Impala Butchery, Vredenburg. Jou vriende, in die vleisbedryf.

28 Saldahna RdVredenburg.Tel: 022 7134303Goeiemore mensdom.Kyk hier,ons doen hier n dingetiie met skaap en vark.Ons het ...
04/06/2026

28 Saldahna Rd
Vredenburg.
Tel: 022 7134303

Goeiemore mensdom.

Kyk hier,ons doen hier n dingetiie met skaap en vark.
Ons het n R800.00 pakkie wat ek n video van gemaak het. Doen my asb net n ou gunsie.
Hier is nou klaar n klomp van die pakkies wat ons maak vir gastehuise en niemand like regtig van vleis wat vir jou le en wag en oud raak in die proses nie.
So bel en bestel asb jou pakkie op 022 7134303.

Hier is n list van die ander specials.
Vark nek chops. R85.00 p kg
Heel skaap boud. R125.00 p kg
Skaap nek. R122.00 p kg
Skaap rib. R120.00 p kg
Skaap skenkels. R130 p kg
Vark pakkies met gemengde chops en stew R69.00 p kg
AB2 graad 2 tand skaap,ie R125.00 p kg
Beef stew is R82.00 p kg.

Ons wens vir almla n geseende naweek toe wat voorle.

En onthou, op die verpakking van n warm water sak,staan daar lewensgroot,dat jy die warm water sak moet vervang na 12 maande.
Moet tog nou nie so onverskrokke wees soos ek en 17jaar later nog steeds rondloop met die selfde ou watersak nie...net omdat ek 17jaar van te vore,standpunt ingeneem het van....jy se my nie!!

groete,ciska en mike

28 SaldanhawegVredenburgTel022 713 4303Goeiemôre mensdom.Ek, het net so n lang lys van specials, so kom ons val weg.Limi...
28/05/2026

28 Saldanhaweg
Vredenburg
Tel
022 713 4303

Goeiemôre mensdom.

Ek, het net so n lang lys van specials, so kom ons val weg.

Limited stock op maer en mooi B-graad en C-graad skaap. Hy kos jou R128 p kg. kom in en kom kyk.

A4-graad lam. gemiddeld gewig is 22kg. Hy kos jou R138 p kg

AB2 en AB3 graad skaap/ 2 tand skaap.
Nicki, hier is daai vleis wat jy soek. Gemiddeld gewig is 20kg. Hy kos jou ook, R138 p kg.

Lean, A-graad Beefstew, R82 p kg
Lean Beef mince is R105 p kg

Vark pakkies. chops en stew is R69 p kg.

Sosaties.
Beef R190 p kg
Vark R94 p kg
Hoender R110 p kg
Pork belly R125 p kg
Oepsies R125 p kg

Ek heg n foto aan.

Dan net so vir interestandheid, want ek weet, jy het dit nie geweet nie.

Waar kry ons die woord "vandalisme" of "vandale" vandaan?

Well, daar was in 455AD n Germanic tribe , met die naam van Vandals, wat n nare gewoonte gehad het om Roomse stede in te val, te plunder en te besteel.

Nou weet ek klaar jy gaan vir my vra, maar Ciska, waar kom die woord "Hooligans" vandaan.

Nou, in Ireland, in die jaar 1894, was daar n ene Mev. Hoolihan.
Haar groepie gebroetsel seuns was gangsters.
Apparently so skurf, hulle het hul skoene van die binnekant af deur geloop.
Anyway, hulle straatnaam was
" The Hooligan Boys"
Nou soos ek die besigheid luister, was die klompie n handvol daar in London.

and now, you know.

Ons wens vir almal solank n lekker naweek toe wat voorlê.

21/05/2026

28 Saldanhaweg
Vredenburg
Tel
022 713 4303

Goeienaand mensdom.
Ek het gemeen ek stuur sommer van hier uit die bed, nou klaar die naweek se advertensie, voor die tyd my môre weer vang.

Kyk hier, sê nou gou vir my n ding...
Toe ek n klein dogtertjie, was wat op Sutherland gebly het, het my ma-hulle n antrasiet stoof in die huis gehad.
Jy sien daai stoof? 👀

Nou, ek het mos op n Sondagaand terwyl 50/50 op die TV gespeel het, my ooghare, wenkbroue en kuif, afgebrand, toe my kinderverstandjie mos besluit het die kos vat te lank om gaar te raak... toe meen ek mos, ek gaan nou maak soos ant Mina gemaak het s'mores, as sy die koue stouf op gestart het deur daai bo-deurtjie oop te maak en dit nogals met daai yster stok met die hak, lat ek nie brand die... safety first, jy weet... en ek het n jamblik vol paraffin daar in geskiet, tussen die vlamme in.
Nou, as ek vir jou vertel ek het daai gloed vlamme gesien aankom En ons het mekaar ge-meet, face to face, dan kan jy my maar glo.

Ek onthou my broer het my vertel, na die tyd, die vlamme het teen die huis se sealing kom in hardloop in die sitkamer in...toe weet hulle glo, daar is n fout in die kombuis.
Maar, dis n storie vir n ander dag.
Wat ek eintlik wil weet is, wat is die verkil tussen antrasiet en steenkool??

Kom ons praat eerder vleis.
Ek het nou nie foto's om aan te heg nie, but I trust you will get the picture.

Right, daar is maer lam en daar is lam met vet op sy heupe. Daar is AB2 en AB3 graad 2tand skaap. Die lam en die skaap loop teen R135 p kg.
Gemiddeld gewig is so 26kg.

Beefstew is R79 p kg

Vark pakkies met gemengde chops en stew, kos jou R75 p kg.

Kudu word, die mens like hom,so hy staan nog op R105 p kg.
Kudu mince, hoekom dan nou nie, is steeds R99 p kg.

Lekker slaap. Sien môre.

28 SaldanhawegVredenburgGoeiemôre mensdom.Verskoning dat ek so bietjie laat is met die advertensie.Ek moes net eers vanm...
15/05/2026

28 Saldanhaweg
Vredenburg

Goeiemôre mensdom.

Verskoning dat ek so bietjie laat is met die advertensie.
Ek moes net eers vanmôre gespook het met n hondjie wat n spinnekop gebyt het.
Daar is n paar waarheid in die lewe en een van hulle is:
Klein hondjie, klein veearts rekening.
Groot hondjie, haal maar die credit kaart uit en hoop hy hak die besigheid.

Kyk hier, dan die ander ding is, daar word vanaand Kudu wors, wat skaap stertvet in het en mash geëet daar by ons huis.
Toe meen ek, ek sê vir julle lat hier Kudu wors beskikbaar is teen R105 p kg.
En ook Kudu mince teen R99 p kg.
ek heg foto aan.

Dan werk ons weer die vark pakkies wat gemengde chops en stew in het vir R75 p kg.
Beefstew is R79 p kg
En dan sien ek hier hang A4 lam en AB2 en AB3 2 tand in die cooler.
Die lam en die 2 tand, kos nou R132 p kg.
Gemiddeld gewig is so 20kg.

Ons wens vir almal n geseënde naweek toe.
Ek wou nou sê met die wind van agter, maar ek reken ons almal het ons kwota wind gehad die week.
Groete Ciska en Mike.

08/05/2026

28 Saldanhaweg
Vredenburg
Tel
022 713 4303

Goeiemiddag mensdom.
Ek het n lang storie opgeline gehad, maar toe vang die tyd my nou so bietjie.
So kom ons klim in die advertensie in.
Vark mince R89 p kg
Beef lean mince R105 p kg
Beef stew R85 p kg
Vark pakkie met gemengde chops en bietjie stew is R75 p kg
A4-graad Lam. R128 p kg
En dan AB2 en AB3 graad 2 tand skaap is ook R128 p kg.
Ek is seker ek hoef nie vir iemand te verduidelik hoekom vleis nou so duur is nie.
Die met ore en oë en insig, weet.
Maar wees asb verseker ons doen ons bes van ons kant af, om ons prys so laag moontlik te hou.
Vriendelike groete
Ciska en mike

28 SaldanhawegVredenburgTel022 713 4303.Goeiemôre mensdom.Dis die einde van die maand.Ek, het n advertensie om uit te si...
30/04/2026

28 Saldanhaweg
Vredenburg
Tel
022 713 4303.

Goeiemôre mensdom.
Dis die einde van die maand.
Ek, het n advertensie om uit te sit en natuurlik het ek mos nou weer n lang stories om te, vertel.

Laasweek en Sondag, toe bevind ek myself mos bekleë in n baie nie so stylvolle, ooprug uit hangers theatre snyerspakkie.
Geheel met die bypassende papier panty wat sit soos n baby waterproof oor n lap doek.
Nou, terwyl ek daar lê en wag op die bed, in die theater, met die kombers opgetrek tot onder my ken, want mens lê nou mos maar daar met jou skaamte in jou hand, kry ek toe mos nou die volgende gedagte...
As ek nou daar lê, uit pype op die theater tafel, dan is dit net ek, in my volle glorie en my crinkel cut paper panty.
Dis net ons ou tweetjies ompaar items daar op display soos n oopgevlekte Checkers bakhonder.
Maar as mens wakker raak na die gedoente, dan het mens weer jou snyerspakkie aan, netjies asof niks gebeur het nie.

Toe laat d**k dit my mos aan daai ding wat my mammatjie altyd gesê het.
n Mens eet lekker by n restaurant, reeds oor die dat jy nie weet wat in die kombuis aangaan nie.

Right, kom ons praat gou oor n ander tipe vleis.

Ons doen die naweek :

B2 graad skaap teen R110 p kg. gemiddeld gewig is so 27kg.

AB2 en AB3 graad 2 tand, kry huis teen R118 p kg. hulle is lekker klein met n gemiddeld gewig van so 18kg.

Beefstew, R79 p kg
Lean Beef mince, R105 p kg

En dan vark pakkies, wat gemengde Vark chops en bietjie stew in het, kos jou R75 pkg.

Ons wens dat Mei maand vir almal goed sal wees met voorspoed, gesondheid en geluk.

Groete Ciska en Mike.

17/04/2026

28 Saldanhaweg
Vredenburg
Tel
022 713 4303
So was ek toe mos nou vanmôre avontuurlustige gewees, toe ek gestap het om my 2 piesangs te gaan koop vir breakfast.
Vir die eerste keer in my lewe, vat ek toe daar n blikkie heel pitcheds in olie in plex van n blik tuna om te try.
ek trek vir blik oop en hier lê vissies so groot soos goudvisse.
ek meen toe oh, die is die baby beef van die see, sekerlik?
Ek vra toe vooraf vir Glenda of sy op stand by sal wees, om die goed te eet,net vir ingeval ek die eerste contestant is op S.A fear factor, om die walk of shame te doen.

Nadat ek en die vissies vir mekaar gesit en kyk het vir 10min, kon ek toe daarin slaag om die hand na mond aksie toe te pas.
Man, maar het Glenda nou lekker gestaan en eet aan daai blikkie vis!!

Geen my n E-simbool, vir effort en n sertifikaat vir bywoning asb in die saak.

Kyk hier, dit reën lekker en daarom gaan ek vir my n pakkie Beefstew koop hier by Impala, want die Beefstew kos net R78 p kg.

Dan sê Mike ek moet sê van die AB2 en AB3 graad skaap, wat so 20kg weeg, gemiddeld.
Dis mooi vleisie.
Teen n R116 p kg

Ons wens vir almal n geseënde naweek toe.

Groete Ciska en Mike.

28 saldanha wegVredenburg Tell 022 7134303Kyk,die advertensie is nou vir die mense wat like van niks vet op hulle vleis ...
14/04/2026

28 saldanha weg
Vredenburg
Tell 022 7134303

Kyk,die advertensie is nou vir die mense wat like van niks vet op hulle vleis nie.
wat jy hier sien is maer A-graad bees pakkies.
hier is n pakkie van R500 en hier is n R250 pakkie.

Altwee pakkies bevat bietjie stew En gemengde bees chops.
Hierdie is n budget pak om ons mense te help, lat daar iets is om te eet by die huis tot die pay weer inkom.
Ons gaan nie chop and change aan die inhoud van die pak nie.

Asb, bel of stuur n WhatsApp as ons vir jou so n pakkie kan opmaak.
Ons gaan so 2 of 3 pakkie opmaak en dit in die yskas sit, maar as n reël, wil ons nie hê die vleis moet gaan le en oud raak in die display kas nie.
ons sny hom eerder vir jou vars.
As mens hom terug werk, kos die vleis jou R83 p kg.
So d**k daaroor en gesels asb met ons, as jy van die vleis soek.

Dan hang hier ook AB2 en AB3 graad skaap teen R116 p kg.
Onthou,as jy net plek het vir R500 se vleis in jou freezer,Dan sny ons net R500 se vleis. Solank daar chops en stew in jou pak is.

28 SaldanhawegVredenburgTel022 713 4303Goeiemôre mensdom.Dis Vrydag, ons is nog n week uitgespaar en ons is dankbaar. Ky...
10/04/2026

28 Saldanhaweg
Vredenburg
Tel
022 713 4303

Goeiemôre mensdom.
Dis Vrydag, ons is nog n week uitgespaar en ons is dankbaar.

Kyk hier, nou sê Mike vanmôre vir my dat Pakistan die bemiddelaar is tussen Amerika en Iran,rakende die peace talks. Nou sit ek vanmôre hier agter my neus en wonder of die tolk /translator soos die narrator van n boek, ook sy stemtoon en dialect verander om die besigheid meer realisties te laat klink?
Jy weet mos wat ek meen, as hy vir Iran sê wat Amerika sê, praat hy met n Amerikaans aksent en roll Sy R? I guess we will never know..

Weet jy wat is die ander ding waaroor ek wonder.?
As ek daar by n eetplek loop sit en die furk waarmee ek nou moet eet, het sulke slootjies in wat inge-ets is in die metaal van die furk...dan kan ek nie help om te wonder hoeveel keer n week, Robocop by die plek kom eet nie,want hoe dan nou?!

Maar wat ek wel weet is, ons is teenaan vanmôre met goeie prys om jou rand te laat rek.

Pork Texas steak R78 p kg
Vark mince R85 p kg
Lean Beef mince R105 p kg
Vark pakkies met gemengde chops en stew R72 p kg
Beefstew R78 p kg

Pork neck chops R99
Pork loin chops R89
Pork rashers R92
Pork Belly R92
Vark Sosatie R94
Bees steak Sosatie R190
Porkbelly Sosatie R125
Chicken Sosatie R110
Oepsie Sosaties R125
Vark vlegsel R114

Dan, te laas, A4-graad lam met n gemiddeld gewig van 22kg kos jou R110 p kg.
Môre, dis nou Saterdag sal daar B2-graad skaap beskikbaar wees ook teen R110 p kg.

Ons wens vir almal n heerlike naweek toe.
Groete Ciska en Mike.

28 SaldanhawegVredenburgTel022 713 4303Mensdom, sien ek darm nou vir jou uit na die ou bietjie rus wat voorlê met die la...
01/04/2026

28 Saldanhaweg
Vredenburg
Tel
022 713 4303
Mensdom, sien ek darm nou vir jou uit na die ou bietjie rus wat voorlê met die langnaweek?!
Ek kom raak so opgewonde, ek loop koop sommer n een little diesel !

So, dra asb kennis.
Ons is toe, Vrydag die 3de. Halfdag oop op Saterdag die 4de tot 2uur.
Sondag toe, en Maandag werk ons ook net halfdag tot 2uur.
Vir die van julle wat ook vanaand Pasga hou... geniet dit.
Ek moet net noem, onthou daar is nie n beter starter pack vir Tipe 2 Diabetes as jy en die chocolate Paashaas nie.

Right, kom ons praat nou vleis en los die nonsens.

AB2 graad, 2tand skaap gaan jou R119 p kg kos. Hulle weeg so 20kg gemiddeld.

B2-graad skaap. Hy kom in op R112 p kg. met n gemiddeld gewig van so 21kg.

Uuhmm, Beef stew gooi ons so te sê weg teen R85 p kg.

Beef lean mince is R105 p kg

Dit is dit vir die langnaweek mens.

Ons wens vir almal n geseënde, voorspoedige langnaweke toe.
As jy op die pad moet wees, stop eerder 6 keer teen die pad, asb, voor 6 van jou chommas jou moet rond dra in n tamatie boksie.
Wees veilig.
Wees bewus van jou omgewing.

Groete Ciska en Mike.

Address

28 Saldanhaweg
Vredenburg
7380

Opening Hours

Monday 08:30 - 17:30
Tuesday 08:30 - 17:30
Wednesday 08:30 - 17:30
Thursday 08:30 - 17:30
Friday 08:30 - 17:30
Saturday 08:00 - 14:00

Telephone

+27227134303

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Impala Butchery, Vredenburg. posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category