Enkelbos Plaaswinkel

Enkelbos Plaaswinkel Home of the 2025 Lamb Champs Pretoria Winner. Quality Dorpers Bred in Vryburg. Born to Perform, Bred to Last. From Veld to Victory.

South Africa's best lamb, from Vryburg to your table.

'n Lam van Enkelbos behaal R20 000 op Lamb Champs Pretoria.Dankie vir almal wat ons en ons plaaswinkel ondersteun.  Die ...
06/08/2026

'n Lam van Enkelbos behaal R20 000 op Lamb Champs Pretoria.
Dankie vir almal wat ons en ons plaaswinkel ondersteun. Die Dorper wys net weer sy kwaliteit.

Vryburg-egpaar beΓ―ndruk by Lamb Champs-fees in Pretoria
STELLALANDER-VRYBURG: JP en Melinda Nel van die Vryburg-omgewing het die afgelope naweek van 24 Julie aan die Lamb Champs-kompetisie by Harlequins Rugbyklub in Pretoria deelgeneem, waar duisende feesgangers en deelnemers byeengekom het.
Volgens die organiseerders het meer as 6 000 mense die fees bygewoon, terwyl 120 lamspitte deel van die kompetisie gevorm het. Een van die hoogtepunte van die geleentheid was die bokslam-veiling, waar feesgangers voorbereide bokslamme kon aankoop.
JP Nel se bokslam, voorberei met β€˜n Dorper-karkas, is vir R20 000 verkoop. Die kompetisie was ook β€˜n eerste vir Melinda Nel. Haar twee bokslamme is tydens die veiling verkoop, met elkeen wat R7 000 behaal het.
Die egpaar sal volgende aan die Lamb Champs-kompetisie in Augustus in Bloemfontein deelneem, waar hulle weer hul kookvernuf teen deelnemers van regoor die land sal toets.

29/07/2026

As jy Lamb Champs Pretoria gemis het, het jy uitgemis hoor! πŸ€ͺ

Die naweek is ons weer by Lamb Champs Pretoria, so kom proe bietjie van ons lekker lamsvleis! Die wat nie kan nie, plaas...
20/07/2026

Die naweek is ons weer by Lamb Champs Pretoria, so kom proe bietjie van ons lekker lamsvleis!
Die wat nie kan nie, plaas gerus 'n bestelling vir Lam voor Woensdag 22 Julie en Beesvleis voor 23 Julie.
Jp - 072 845 7047

13/07/2026

So lyk β€˜n opgesnyde Enkelboslam vir slegs R150 p/kg! πŸ‘

- Saddle tjops
- Heel boud & boud tjops
- Blad tjops
- Ribbetjies geknak
- Kookvleis
- Opgesnyde nek

Perfek vir jou vrieskas!

Kontak JP vir bestellings
πŸ“ž072 845 7047

Kwaliteit lamvleis vanaf Lamb Champs se 2025 Pretoria wenner πŸ†Bestel gerus jou heel of halwe lam vandag by ons! Moenie d...
02/07/2026

Kwaliteit lamvleis vanaf Lamb Champs se 2025 Pretoria wenner πŸ†

Bestel gerus jou heel of halwe lam vandag by ons!
Moenie dat afstand you terughou nie, ons lewer landswyd af!

Comment met jou nommer & ons stuur die bestelvorm aan.

πŸ“ž JP 0728457047

Ons is vanjaar weer by Lamb Champs Pretoria.Kom maak gerus 'n draai en geniet die dag saam ons.
26/06/2026

Ons is vanjaar weer by Lamb Champs Pretoria.
Kom maak gerus 'n draai en geniet die dag saam ons.

π‹πšπ¦π› π‚π‘πšπ¦π©π¬ 𝐏𝐫𝐞𝐭𝐨𝐫𝐒𝐚

Verlede jaar het JP Nel die beoordelaars beΓ―ndruk en as die wenner van π‹πšπ¦π› π‚π‘πšπ¦π©π¬ 𝐏𝐫𝐞𝐭𝐨𝐫𝐒𝐚 2025 weggestap.

Nou is hy terug.

Met dieselfde passie vir gehalte en dieselfde strewe na uitnemendheid, is JP gereed om weer sy plek tussen Suid-Afrika se beste lamsprodusente in te neem.

Sal hy weer die kroon dra?

πŸ“ 25 Julie 2026 | Harlequins
🎟 https://bit.ly/LambChamps26Tickets

Kom proe, beleef en ondersteun Suid-Afrika se familieboere.

Kom kyk saam ons vanaand Lamb Champs.  Sien die Kuns van Skaapboerdery en sien waar jou vleis vandaan kom.
17/06/2026

Kom kyk saam ons vanaand Lamb Champs. Sien die Kuns van Skaapboerdery en sien waar jou vleis vandaan kom.

Lamb Champs: Die Kuns van Skaapboerdery vannaand om 20:00 op kykNET

Tag iemand wat nie die eerste episode mag misloop nie! πŸ‘‡πŸ”₯

Aangesien Vryburg as die Texas van Suid-Afrika bekendstaan, moes ons eenvoudig net hierdie vraag rig! Speel saam in die ...
15/06/2026

Aangesien Vryburg as die Texas van Suid-Afrika bekendstaan, moes ons eenvoudig net hierdie vraag rig!

Speel saam in die kommentaar, ons is nuuskierig om te sien op watter antwoord jy uitkom! πŸ˜πŸ‘‡

Klein Saterdag planne? Ons het die hoofgereg uitgesorteer! Topgehalte lam rugtjops, vakuumverpak & gereed vir die vuur! ...
10/06/2026

Klein Saterdag planne? Ons het die hoofgereg uitgesorteer!

Topgehalte lam rugtjops, vakuumverpak & gereed vir die vuur! πŸ”₯

πŸ‘ Bestel joune by 072 845 7047 en braai lekker saam!

05/06/2026

As jou planne nie so lyk vir die naweek nie, bel my, ek kan jou uithelp.


Address

Vryburg
8600

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Enkelbos Plaaswinkel posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Enkelbos Plaaswinkel:

Shortcuts

Share

Category