Die Namibiër se Deli

Die Namibiër se Deli Kom loer gerus in by Die Namibiër se Deli in Wellington en geniet die heerlikste wildsvleis produkte

Kom loer gerus in by Die Namibiër se Deli in Wellington en geniet die heerlikste wildsvleis produkte en ander goeterasies.

Dis dalk koel, maar hier binne kook dinge! Sosaties, pasteie, skenkels, braai worse - alles wat lekker is! 🎶Tell me that...
23/05/2025

Dis dalk koel, maar hier binne kook dinge! Sosaties, pasteie, skenkels, braai worse - alles wat lekker is!

🎶Tell me that you’re coming throooooouuuggghhh” 🎶

Ons is oop tot 17h00 vandag, hier agter Build It in Regent Straat, Wellington.

Vrede in Vleis 🐗🐗🐗

🚨AANDAG! ONS IS TOE WEENS VLEISVERWERKINGS SEISOEN!🚨Ons sal weer Dinsdag, 13 Mei 2025, 08h30 oop en reg wees vir julle!O...
09/05/2025

🚨AANDAG! ONS IS TOE WEENS VLEISVERWERKINGS SEISOEN!🚨

Ons sal weer Dinsdag, 13 Mei 2025, 08h30 oop en reg wees vir julle!

Ons het nie verwag dat die jag-seisoen so groot sal afskop nie. Ons is jammer dat ons nie oop is nie, maar moet sê dat hierdie nou darem ‘n lekker probleem is om te hê. 😉

Sien julle volgende week - lekker naweek vir almal!

Vrede in Vleis 🐗🐗🐗

🍖 Hoe braai mens Die Namibiër se Deli se Wilds Kerrie Sosaties? 🔥Hier's 'n paar wenke om ons gewildste produk perfek te ...
05/05/2025

🍖 Hoe braai mens Die Namibiër se Deli se Wilds Kerrie Sosaties? 🔥

Hier's 'n paar wenke om ons gewildste produk perfek te braai:

🔥 Beheer die Hitte: 'n Medium-warm kole is ideaal. Te warm en die buitekant brand voor die binnekant gaar is.

🔄 Draai Gereeld: Draai die sosaties gereeld om seker te maak hulle braai egalig aan alle kante en kry daardie lekker rokerige smaak.

⏳ Geduld: Moenie haastig wees nie! Laat die sosaties stadig gaar word tot die vleis sag is en die groente net begin karameliseer.

💧 'n Laaste Smeer (Opsioneel): As daar nog bietjie sous oor is in jou pakkie, verf hom soos 'n kunstenaar oor jou sosaties net voor jy hulle van die rooster af haal.

Hierdie manneertjies is perfek as "durfies" (soos André altyd gesê het) of met 'n lekker brood/roosterkoek en slaai.

Mense, Die Namibiër se Deli se koelkaste is weer vol heerlike produkte die naweek:Chilli bites, sosaties, steaks, bilton...
02/05/2025

Mense, Die Namibiër se Deli se koelkaste is weer vol heerlike produkte die naweek:

Chilli bites, sosaties, steaks, biltong, braaiworse, pasteie, droëwors... blaai deur die fotos vir alles wat lekker is (asook hulle pryse per kilogram).

Sien julle sommer nou nou, nê? Ons neem ook bestellings, so kontak ons gerus so dat ons julle pakkie kan reg kry.

📍 Waar is ons?
Regent Straat, Wellington (direk agter Build It op Hoof Straat).

📞 Vir bestellings:
Kontak 079 879 4435.

Vrede in Vleis 🐗🐗🐗

Min Moeite Maandag is mos al te lekker! Hier's ons maklike maaltyd wat ons vanmiddag op ons borde gehad het:• Baba aarta...
28/04/2025

Min Moeite Maandag is mos al te lekker!

Hier's ons maklike maaltyd wat ons vanmiddag op ons borde gehad het:

• Baba aartappels in die oond gebak met lekker growwe sout,
• Groenboontjies met knoffelbotter,
• 'n 200g kudu loin steak op die kole.

Partykeer is eenvoud die beste spesery!

Ons hoop almal het 'n heerlike langnaweek gehad.

Ons sien julle weer more vanaf 08h30 tot 17h00!

Vrede in Vleis 🐗🐗🐗

🚨 KUDU STEAKS, SOSATIES EN PATTIES IN VOORRAAD! 🚨Uiteindelik is ons geliefde kudu loin steaks weer op ons rakke! Plaas s...
25/04/2025

🚨 KUDU STEAKS, SOSATIES EN PATTIES IN VOORRAAD! 🚨

Uiteindelik is ons geliefde kudu loin steaks weer op ons rakke! Plaas sommer 'n bestelling direk met ons op 079 879 4435 om teleurstelling te voorkom.

Ons het ook vars sosaties, kudu hamburger patties en perske wors beskikbaar! Besoek ons sommer nou, tydens middagete of nét na werk (ons is tot 17h00 oop) om jou heerlike braai vleis vir die naweek te kry.

📍 Waar is ons?
Regent Straat, Wellington (direk agter Build It op Hoof Straat).

📞 Bestellings is welkom by Christiaan op 079 879 4435!

Vrede in Vleis 🐗🐗🐗

🚨 VLEISVERWERKING BESPREKINGS IS OOP! 🚨Gaan julle bietjie jag? Bring julle bokke en laat ons Die Namibiër se Deli se geh...
22/04/2025

🚨 VLEISVERWERKING BESPREKINGS IS OOP! 🚨

Gaan julle bietjie jag? Bring julle bokke en laat ons Die Namibiër se Deli se gehalte produkte van jou eie vleis maak NET vir jou.

Kontak ons vroegtydig om jou verwerkings behoeftes te bespreek. Plekke is beperk, so bespreking is noodsaklik!

April is ongelukkig al klaar vol, maar ons het nog 'n paar plekke beskikbaar tussen Mei en Julie.

Bel vir Chris op 079 879 4435 of Cathy op 072 281 7371 om die meeste (en beste) van jou jagbuit te maak!

Vrede in Vleis 🐗🐗🐗

Dis potjiekos seison! Hier's een van ons gunstelling resepte: Wildsvleis Potjie met Rooiwyn en Kruie!Bestanddele:• 1.5 k...
21/04/2025

Dis potjiekos seison! Hier's een van ons gunstelling resepte: Wildsvleis Potjie met Rooiwyn en Kruie!

Bestanddele:

• 1.5 kg wildsvleis (beskikbaar by Die Namibiër se Deli!)
• 2 eetlepels olyfolie
• 2 groot uie, grof gekap
• 3-4 wortels, in dik skywe gesny
• 3-4 selderystingels, in dik skywe gesny
• 4-5 knoffelhuisies, fyngekap
• 250 ml droë rooiwyn
• 500 ml beesvleisaftreksel
• 2 eetlepels tamatiepasta
• 2 lourierblare
• 1 takkie vars roosmaryn
• 3-4 takkies vars tiemie
• 500g aartappels, geskil en in groot stukke gesny
• 250g sampioene, in kwarte gesny
• Sout en swartpeper na smaak

Metode:

• Die vleis: Verhit die olie in jou gunstelling potjie pot oor matige tot hoë hitte. Geur die wildsvleisblokkies goed met sout en peper. Braai die vleis tot dit aan alle kante bruin is. Skep die gebraaide vleis uit en sit eenkant.
• Die groente: Voeg die gekapte uie by en braai tot sag en deurskynend (5-7 min). Voeg die wortels en seldery by en braai vir nog 5 min. Roer die fyngekapte knoffel by en braai vir nog 1 min.
• Die wyn: Gooi die rooiwyn in die pot en skraap enige vasgebrande stukkies van die bodem los. Laat die wyn vir 3 min prut om af te kook.
• Die geur: Roer die tamatiepasta en beesvleisaftreksel in. Voeg die lourierblare, roosmaryn en tiemie by.
• Laat hom prut: Plaas die gebraaide wildsvleis terug in die pot. Maak seker die vleis is byna heeltemal bedek met vloeistof. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte tot laag, sit die deksel op en laat dit vir 2-3 uur prut. Roer nou en dan.
• Laaste groente: Na 2-3 uur, voeg die aartappelstukke en sampione by. As nodig, voeg nog aftreksel by.
• Laat hom weer prut: Sit die deksel weer op en laat hom vir nog 45-60 minute prut, of tot die aartappels sag is en die sous verdik het.
• Verwyder die lourierblare en takkies kruie voor opdiening.
• Bedien saam met rys, stampmielies of 'n stukkie vars brood met 'n dik laag botter!

Wenke:

• Lê jou vleis oornag in 'n marinade van rooiwyn, kruie en speserye.
• Wees geduldig met die prutproses – dit is waar die ware geure ontwikkel!

Vrede in Vleis 🐗🐗🐗

Het julle vandag 'n laaste ietsie nodig vir julle Paasnaweek fees? Ons is oop en ons het nét lekker goed vir braai EN ko...
19/04/2025

Het julle vandag 'n laaste ietsie nodig vir julle Paasnaweek fees? Ons is oop en ons het nét lekker goed vir braai EN kook.

HIer is heerlike wilds potjie vleis, wildspasteie, wildswors ('n groot verskeidenheid), sosaties, biltong, droëwors en 'n paar pakke hamburger patties (maar nie baie nie, so kom maar gou!).

📍 Waar is ons?
Regent Straat, Wellington (direk agter Build It op Hoof Straat).

📞 Bestellings is welkom by Christiaan op 079 879 4435!

Vrede in Vleis 🐗🐗🐗

✝️ PAASNAWEEK TYE ✝️Julle, kan dit nou wees? Paasnaweek! Ons tye vir dié langnaweek is as volg: Donderdag: 08h30 - 17h00...
17/04/2025

✝️ PAASNAWEEK TYE ✝️

Julle, kan dit nou wees? Paasnaweek! Ons tye vir dié langnaweek is as volg:

Donderdag: 08h30 - 17h00
Saterdag: 08h30 - 13h00
Vrydag, Sondag en Maandag: toe

Ons wens vir julle en julle gesinne 'n vreugdevolle en veilige Paasnaweek!

📍 Waar is ons?
Regent Straat, Wellington (direk agter Build It op Hoof Straat).

📞 Bestellings is welkom by Christiaan op 079 879 4435!

Vrede in Vleis 🐗🐗🐗

Address

Vondel, Regent Straat
Wellington
7654

Opening Hours

Monday 08:30 - 17:00
Tuesday 08:30 - 17:00
Wednesday 08:30 - 17:00
Thursday 08:30 - 17:00
Friday 08:30 - 17:00
Saturday 08:30 - 13:00

Telephone

+27829210915

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Namibiër se Deli posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category