Oppi-Vlak Padstal

Oppi-Vlak Padstal Ons is hier oppi vlak tussen Aberdeen enWillowmore reg langs die N9. Kom vat 'n blaaskans terwyl jy 'n warm roosterkoek met iets interessants op geniet.

Ons het kaartfasiliteit/Master pass en Snapscan. Accept Cash, Snapscan, Masterpass and Cards

01/06/2026

Beervleidam.Prentjiemooi. Daar is vanmiddag 'n sluis oopgemaak om voorsorg te tref vir die reën wat oppad is.

31/05/2026

Beervlei dam is so amper by oorloop. Ons kan darem seker nou sê hy is vol. Watse mooi gesig is dit nie. Ek d**k as die voorspellings vir die komende week realiseer, loop hy teen vlg naweek oor. Die Kariga loop steeds. Ons is uit ons sokkies en vellies geseënd. Ek d**k nie die 5cm is heeltemal akkuraat nie, maar hy is so naby oorloop soos bliks... aan vloek is!!

En toe haal kleine Noag wraggies Netwerk24. Mnr Minnaar is eintlik Meiring, maar dis die minste. Noag raak nou heeltemal...
24/05/2026

En toe haal kleine Noag wraggies Netwerk24. Mnr Minnaar is eintlik Meiring, maar dis die minste. Noag raak nou heeltemal verspot en is 'n regte kaartmannetjie

24/05/2026

Die waterstories was minderig die laaste week, maar na ons dankbare 26mm opvolgreën van verlede week (126mm in totaal) loop die Kariga weer met mening in die Beervlei-dam in. Net dalk gaan hierdie waters die water oor die wal stoot.Ek kan nie help om te wonder of ons dit weer in ons leeftyd gaan sien nie...die Kariega wat so lank so vol is🙏🏻

14/05/2026

Ons kannie genoeg kry van hierdie mooi prentjie nie. Beervlei is tans 83,93% vol.

Alweer groot opgewondenheid hier by Oppi-Vlak vandag. Verlede Woensdag was als rondom die padstal onder water en die don...
13/05/2026

Alweer groot opgewondenheid hier by Oppi-Vlak vandag. Verlede Woensdag was als rondom die padstal onder water en die donkies en perdjies het op die stoep gestaan...kompleet soos Noag se ark. Vanoggend is ons verwelkom deur Noag homself. Nuutste toevoeging...Welkom by die span, NOAG.

12/05/2026

Beervlei-dam. Amper, maar kort nog so ongeveer 16% tot heeltemal vol.
Beervlei is nou, Woensdagmiddag, 84% vol. Verlede week was hy leeg. Soveel Genade

Die wind is rof hier oppie vlak vandag. Beervlei dam se wal. Amper, maar noggie daar!
11/05/2026

Die wind is rof hier oppie vlak vandag. Beervlei dam se wal. Amper, maar noggie daar!

Beervlei staan vanoggend op 11.56m. Op 12,5m is hy VOL. Hy staan  nou op 78%.Dit omdat dit so n ongelooflike groot opper...
11/05/2026

Beervlei staan vanoggend op 11.56m. Op 12,5m is hy VOL. Hy staan nou op 78%.Dit omdat dit so n ongelooflike groot oppervlakte is. Ek't nie geweet, maar Beervlei vat meer water as Stompdrif

09/05/2026

Vir die wat hierdie groot Genade wil kom kyk...ons is op onse pos en mens verkyk jou mos nog lekkerder aan so baie water met 'n roosterkoek innie hand.

Address

N9
Willowmore
6445

Opening Hours

Monday 07:40 - 16:00
Tuesday 07:45 - 16:00
Wednesday 07:40 - 16:00
Thursday 07:42 - 16:00
Friday 07:44 - 16:00
Saturday 08:00 - 14:00
Sunday 08:00 - 13:30

Telephone

0834214409

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Oppi-Vlak Padstal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Oppi-Vlak Padstal:

Share